Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

Janene Visser en Christel du Toit lewer elke maand ’n bydrae om vroue van hul regte bewus te maak

Marna Schoeman* van Kaapstad het ’n vraag oor haar netelige posisie. “Ek en my man is al 14 jaar getroud en ons kinders is onderskeidelik nege en tien jaar oud. Met ons eersteling se geboorte, het ek en my man ooreengekom dat ek ophou werk om ons kinders te versorg. My man het my egter nou uit die bloute vir ’n egskeiding gevra en reeds ons huis verlaat. Ek verdien geen inkomste nie en is heeltemal van hom afhanklik. Wat moet ek doen?” Die rol van die vrou as ma en versorger verander jou siening en betrokkenheid ten opsigte van geld, die besteding daarvan en wat die waarde van jul gesamentlike bates behels. Dit is nou jou verantwoordelikheid om die stabiele anker vir jou kinders te wees. Probeer om in jou huis te bly, veral as dit veilig en na aan die skool of werk is. Dit sal vir jou en jou kinders stabiliteit gee. Die feit dat jou man reeds jul huis verlaat het, beteken nie dat hy ook van sy finansiële verantwoordelikheid teenoor jou en jul kinders kan wegstap nie. Om te verseker dat jy vir die volgende paar maande finansieel onderhou gaan word totdat die egskeiding deur is, kan jy ’n Reël 43 afdwing. Reël 43 is ’n Hooggeregshofbeslissing wat vir tussentydse ondersteuning in ’n egskeiding met betrekking tot voogdyskap en toegang tot die kinders en vir interimonderhoud voorsiening maak. Min mense is bewus van hierdie bevinding van die Hooggeregshof wat hulle van interimonderhoud kan voorsien en is veral nuttig waar een party nie ’n inkomste verdien nie en finansieel van die ander afhanklik is. Jy moet skriftelik deur middel van ’n prokureur by die hof vir ’n Reël 43 aansoek doen en dis baie belangrik dat jy al die nodige dokumentasie het sodat die proses vinnig afgehandel kan word. Prokureurskoste beloop ongeveer R10 000. Maak seker dat jy die volgende dokumente gereed het: n Huwelikskontrak en -sertifikaat n ID-dokumente van jul albei n Geboortesertifikate van jul kinders n Salarisstrokies/Bewys van enige ander inkomste n Bankstate n Huishoudelike begroting Reël 43 is afdwingbaar totdat die egskeiding gefinaliseer word.

Verstaan jou huwelikskontrak
Hierdie dokument gaan bepaal hoe jy finansiële besluite gaan neem. Maak seker jy het ’n afskrif van jou huwelikskontrak. Jy het nie toestemming nodig om dit te kry nie. Jy kan na die prokureur toe gaan wat dit vir julle opgestel het en vir ’n afskrif vra. Hoe jy getroud is, sal bepaal waarop jy met egskeiding geregtig is: n Buite gemeenskap van goedere met die aanwasbedeling beteken jy kry 50% van jul gesamentlike bates en laste. n Buite gemeenskap van goedere sonder die aanwasbedeling beteken jy is op geen bates van die datum van jul huwelik geregtig nie en ook nie aanspreeklik vir enige laste nie. n As jy nooit ’n kontrak geteken het nie, is jy binne gemeenskap van goedere getroud en deel jy 50% van al jul gesamentlike bates en laste. Dis nonsens as hy jou vertel dat jy met niks sal wegstap nie. n As julle voor 1984 buite gemeenskap van goedere getroud is, wees bewus dat die wetgewing aangepas is. Alle “buite gemeenskap van goedere”-huwelike voor 1984 word deur die hof as binne gemeenskap van goedere gesien, behalwe as julle dit spesifiek aangeteken het dat julle wel buite gemeenskap van goedere getroud wil bly. n Bates is eiendomme en grond, die inhoud van huise, motors, trusts, maatskappye, pensioenfondse, belastingterugbetalings, beleggings, patente en intellektuele kapitaal. Doen ’n verdeling van bates – jou finansiële adviseur kan dit doen. Om korrekte bateherverdeling te bepaal, moet ’n aanwasberekening gedoen word.

Besoek www.divorcesmart101. com Besoek www.vrouekeur.co.za vir meer inligting oor die aanwasbedeling Vk

Welkom by die Vrouekeur aanlyngemeenskap!

Vertel ons meer van jouself sodat ons aan jou behoeftes kan voldoen. Klik hier om ʼn vinnige, anonieme digitale meningsopname te doen.

Kommentaar
Wees eerste om kommentaar op die artikel te lewer.
Jy moet ingeskakel wees om kommentaar op die artikels te kan lewer. Indien jy nog nie 'n aanlyn-profiel het nie, kan jy hier een skep

Caxton Tydskrifte moedig vryheid van spraak aan en ‘n verskeidenheid standpunte word hier weergegee. Die menings van die gebruikers van vrouekeur.co.za is hul eie en nie noodwendig dié van Caxton Tydskrifte nie.
Interessante artikels
Meeste kommentaar
KNIT: GLOVES WITH SHORT FINGERS AND A FLAP
What do you need? 1ball ELLE FAMILY KNIT DK (50 g) in Lei Breeze 1ball ELLE FAMILY KNIT DK (50 g) in Coral 2 buttons Abbreviations 2x2 rib...
So skryf 'n wenner - 17 Augustus 2012
In die vyfde aflewering oor Hertzogpryswenners kyk Willie Burger na NP van Wyk Louw
Anton Goosen skryf temalied vir Pawpaw
Goosen se temalied, ’n Pawpaw vir my darling, word in Oktober uitgereik.
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms