Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

Kennis is mag, maar houding is kernkrag, sê Janene Visser en Christel du Toit van Divorcesmart101. Hulle gesels dié week oor die skikkingsooreenkoms

“Ek is besig om te skei, maar my prokureur gee nie vir my genoeg finansiële raad en inligting nie. Wat is die belangrikste finansiële implikasies wat in die hofbevel aangeteken moet word?” vra Marlene Niewoudt* van Pretoria. As ’n mens trou, gaan daar vreeslik baie detail in die seremonie en onthaal in omdat dit so ’n groot dag is. Daar word soms selfs ’n troubeplanner se hulp ingeroep om die dag ’n sukses te maak. Jy moet beslis dieselfde strategie met ’n egskeiding volg! Jy moet goed oor jou besluit en die impak daarvan nadink. Die volgende is belangrike besonderhede om te onthou wanneer jou skikkingsooreenkoms opgetrek word: Jy is op 50% van alle bates geregtig as jy met die aanwasbedeling getroud is. Doen ’n aanwasbedelingsberekening om te bepaal wat jou eis is. Onthou dat dividende en bonusse deel van inkomste uitmaak. Beskerm jouself teen bates wat weggesteek is of waarvan jy nie bewus is nie. Sluit dus ’n klousule in jou skikking in wat bepaal dat alle bates genoem is en as enige ander bates wat deel van die aanwas tydens die huwelik was, nie verklaar is nie, ’n verdere eis teen sy boedel vir sy onkoste ingestel word. Eise teen pensioen-, voorsorgfondse en aftree-annuïteite moet in die skikking benoem word. Die volgende moet in die skikkingsooreenkoms aangeteken word: Die regte naam van die fonds (die werkgewer se naam en die fonds se geregistreerde naam mag verskil, kry dus ’n afskrif van die pensioenstaat). Die persentasie waarop jy geregtig is of die bedrag ná belasting. Die fonds se verwysingsnommer. As jy nie bogenoemde in jou skikking het nie, sal die fonds die eis afwys en moet jy teruggaan hof toe om die hofbevel te wysig (met nuwe regskostes). Dit is nou ’n wetlike vereiste ingevolge die nuwe kinderwet om ’n ouerskapplan op te stel wanneer jy skei. Dit sal deel van jou egskeidingsbevel vorm en is dus afdwingbaar. Dit verseker dat albei ouers ’n betekenisvolle verhouding met hul kind/ers het. Bepaal wie is verantwoordelik vir kostes rakende tersiêre opvoeding, troues, matriekafskeid, ensovoorts. As jou eks nie die kostes betaal nie, kan jy, of selfs jou kind, ’n eis teen jou eks se bates insit. As jy die primêre versorger van jul kinders word, gaan jou eks onderhoud moet betaal. Stel ’n kinderbegroting op om sodoende ’n akkurate berekening van onderhoud te maak. Maak seker die onderhoud eskaleer jaarliks op datum van egskeiding. Neem ’n lewens- en ongeskiktheidspolis op jou man se lewe uit waarvan jy die eienaar is (jy kan self die premie betaal). Dit verseker dat jy en die kinders in die geval van sy dood of ongeskiktheid nie sonder onderhoud sit nie. As jy die eienaar van die polis is, verseker dit dat jy altyd weet die dekkings is in plek en as hy die premie nie betaal nie, jy deur die versekeraar in kennis gestel word. Groeplewensdekking sal verval sodra hy by sy huidige werkgewer bedank. Dit is dus nie voldoende dekking nie. Maak seker jou skikkingsooreenkoms word só opgestel dat jy ’n “garnishee order” op jou eksman se salaris kan afdwing, sou hy versuim om onderhoud te betaal. As hy met onderhoudbetaling agterstallig raak, kan die hof ook op sy bates beslag lê, wat huise, motors of pensioenfondse kan insluit. As julle ooreenkom dat jy die primêre woning as deel van jul skikkingsooreenkoms kry, moet dit volgens die “clean break”-beginsel bereken word, nie met een of ander voorwaarde dat as jy weer sou trou of saambly die onderhoud verminder nie, ensovoorts. Onthou daar is geen oordragskoste op eiendomme tydens egskeiding nie. Jy sal wel vir prokureurskoste en munisipale kostes (water- en elektrisiteitsoordrag) verantwoordelik wees.
Besoek www.vrouekeur.co.za vir ’n voorbeeld van ’n ouerskapplan. Moenie Christel se blog “Kook finansieel” misloop nie! Elke vrou moet haar eie finansiële plan hê. Bel Divorcesmart101 vir finansiële beplanning, selfs al is jy nie geskei nie. Christel by 082 852 7610 of christel@divorcesmart101.co.za Vk

Welkom by die Vrouekeur aanlyngemeenskap!

Vertel ons meer van jouself sodat ons aan jou behoeftes kan voldoen. Klik hier om ʼn vinnige, anonieme digitale meningsopname te doen.

Kommentaar
Wees eerste om kommentaar op die artikel te lewer.
Jy moet ingeskakel wees om kommentaar op die artikels te kan lewer. Indien jy nog nie 'n aanlyn-profiel het nie, kan jy hier een skep

Caxton Tydskrifte moedig vryheid van spraak aan en ‘n verskeidenheid standpunte word hier weergegee. Die menings van die gebruikers van vrouekeur.co.za is hul eie en nie noodwendig dié van Caxton Tydskrifte nie.
Interessante artikels
Meeste kommentaar
The Man Booker International Prize 2016 Shortlist Announced
The Man Booker International Prize has revealed the shortlist of six books in contention for the 2016 Prize, celebrating the finest in global fiction....
Oeroue skatte van die Tankwa-Karoo
Diep in die valleie en die oop vlaktes van die Tankwa-Karoo- Nasionale Park kan jy in vrede skoon lug inasem en die sterrehemel bewonder. Jy kan egter...
Op soek na vrygeselle
Is jy 20 jaar en ouer, ongetroud en nie verloof nie? Dan is jy dalk die volgende Bachelor of Bachelorette vir 2014!
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms