Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

Kennis is mag, maar houding is kernkrag, sê Janene Visser en Christel du Toit van Divorcesmart101. Hulle gesels dié week oor finansiële Onafhanklikheid

Ek is onlangs geskei en is baie bekommerd oor my finansiële toekoms. My eks het altyd ons finansies behartig en ek weet nie waar om te begin nie. Help my asseblief met riglyne om te verseker dat ek finansieel onafhanklik kan bly!” vra Carla Coetzer* van Parys. Finansiële beplanning vorm ongetwyfeld die hoeksteen van jou finansiële toekoms en jy is dit aan jouself verskuldig om ’n kundige te raadpleeg. Só kan jy alle aspekte aanspreek, hetsy vir gemoedsrus of om afhanklikheid van ander partye te vermy. Sien diagram vir die vier pilare waarop ’n finansiële toekoms gebou word.


Bestuur jou skuld n Maak seker jy het so min as moontlik skuld ná jou egskeiding. Dit sluit kredietkaart- en kleinhandelskuld sowel as iets soos oortrokke rekeninge in. Dit verseker dat jy ’n goeie kredietrekord opbou vir wanneer jy vir “goeie skuld” aansoek doen. Goeie skuld is vir bates soos ’n huis of motor. n Gebruik die geld wat jy altyd op jou skuld afbetaal het om jou eiendom vroeër af te betaal. Betaal maandeliks die ekstra geld of selfs bonusse in jou verbandrekening.

Kry ’n noodfonds n As jy dalk een of twee keer van jou maandelikse onderhoud of salaris kan wegsit, haal jy baie druk van jou maandelikse begroting af as jou eks onverwags nie die onderhoud betaal nie. n As ’n mens maandeliks R500 ekstra aan jou verband afbetaal, sal jy binne 12 maande R6 000 beskikbaar hê, wat jy op ’n welverdiende vakansie kan bestee. n Mediese uitgawes is iets waarvoor jy gewoonlik nie beplan nie, veral vir bybetalings en oor-die-toonbank-medikasie. Kry ’n kredietkaart wat vir jou mediese onkostes gebruik word. Sit ekstra geld daarin en hou dit in jou kluis by die huis. n ’n Rok vir ’n partytjie is nie ’n noodgeval nie. Onthou dat jou motor se battery of bande een of ander tyd vervang en dit ook gereeld nagesien moet word. Werk dit in jou begroting in sodat dit nie ’n noodgeval word nie.

Doen risikobestuur n Met egskeiding sal jy gou agterkom dat jou risiko verdubbel bloot omdat jy nou op ’n enkelinkomste moet staatmaak. As jy 100% vir die verbandbetaling verantwoordelik is, gaan dit jou kontantvloei onmiddellik beïnvloed. n Maak seker jy behoort aan ’n mediese fonds, selfs al is dit net ’n hospitaalplan. As jou egskeiding uitgerek word, moet jy seker maak jou man hou jou op die fonds en betaal die premie totdat die egskeiding afgehandel is en daar sekerheid is oor wie vir mediese kostes verantwoordelik is. In ons land is mediese sorg geweldig duur en verblyf in staatshospitale nie noodwendig ’n spabehandeling nie! Die tweede probleem is ook dat jy uitsluitings en penalisasie-fooie kan betaal as jy ’n breuk in lidmaatskap gehad het. n Hersien elke jaar jou korttermynversekering op jou motor en huisinhoud. n Lewensdekking is belangrik, want as jy iets sou oorkom, het jou kinders wel ’n stabiele toekoms. n Maak seker jy het dekking sou jy medies ongeskik verklaar word of met ’n gevreesde siekte gediagnoseer word. Onthou, jou werkgewer dek jou net vir 75% van jou inkomste teen ongeskiktheid. Jy kan ook jou inkomste teen tydelike of permanente verlies daarvan verseker. n Onthou om jou begunstigdes op al jou polisse en werknemersvoordele te verander. n Rehabiliterende onderhoud moet ook verseker word.

Skep welvaart n Noudat jy weer op ’n enkelinkomste moet staatmaak, sal jy jou aftrede van voor af moet beplan. Moenie dink ’n prins op ’n wit perd gaan jou eendag vra om te trou en jou mooi versorg nie. n Win finansiële raad in oor die uitbetaling van pensioengeld. Daar is belastingwetgewing wat jou besluit kan beïnvloed. Koop ’n huis of bly aan in jul huis en betaal dit so gou moontlik af. Die paaiement op ’n huis van R1 000 000 is R8 998 per maand teen die huidige koers. As jy maandeliks R2 000 ekstra op jou verband inbetaal en jou huis binne 13 jaar in plaas van 20 jaar afbetaal, het jy ná 13 jaar maandeliks R11 000 om te belê. * Skuilnaam

Besoek www.vrouekeur.co.za vir meer inligting oor kinderonderhoud, plus soortgelyke artikels en ’n blog Kook finansieel. Elke vrou moet haar eie finansiële plan hê. Bel Divorcesmart101 vir finansiële beplanning, selfs al is jy nie geskei nie. Kontak Christel du Toit by 082 852 7610 of christel@divorcesmart101.co.za Vk

Welkom by die Vrouekeur aanlyngemeenskap!

Vertel ons meer van jouself sodat ons aan jou behoeftes kan voldoen. Klik hier om ʼn vinnige, anonieme digitale meningsopname te doen.

Kommentaar
Wees eerste om kommentaar op die artikel te lewer.
Jy moet ingeskakel wees om kommentaar op die artikels te kan lewer. Indien jy nog nie 'n aanlyn-profiel het nie, kan jy hier een skep

Caxton Tydskrifte moedig vryheid van spraak aan en ‘n verskeidenheid standpunte word hier weergegee. Die menings van die gebruikers van vrouekeur.co.za is hul eie en nie noodwendig dié van Caxton Tydskrifte nie.
Interessante artikels
Meeste kommentaar
'n Trui vir boetie of sussie
Afkortings alt – alternatiewe aw – aweregs beg – begin cm - sentimeter herh – herhaal ks – koussteek mm -...
VIDEO: Maak jou eie "frosé slushie"
Wat kan dan nou beter wees as 'n tuisgemaakte rosé "slushie"? Maak jou eie dié naweek! Kyk net hoe maklik is dit
Kuns: JAG
n Vrouekeur van 27 November skryf Johan Myburg oor die gebou van die Johannesburg Kunsmuseum wat vanjaar 100 jaar oud is. Besoek JAG se Facebook-blad....
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms