Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

Kennis is mag, maar houding is kernkrag, sê Janene Visser en Christel du Toit van Divorcesmart101. Hulle gesels dié week oor hoe om jou lewe te herbou

“Ek is onlangs, ná 17 jaar van getroude lewe, geskei. Ek het twee kinders en sukkel om met my lewe aan te gaan. Al wat ek ken, is om getroud te wees en ek weet nie hoe om oor te begin nie. Selfs my kinders ly onder die gevolge van die egskeiding,” sê Marelize Hattingh van die Paarl. Jou egskeidingsbevel is net die eerste stap na jou nuwe lewe. Die werklike egskeiding behels om die emosionele, geestelike en fisieke bande wat julle saamgebind het, te verbreek. Die belangrikste taak ná jou egskeiding is om jou “tweede kans” te gebruik. Jy het nie nodig om jou vorige lewe te herbou nie. Jy kan ’n nuwe lewe met nuwe aktiwiteite, vriende en moontlikhede skep. Bepaal waaroor jy beheer het en waaroor nie. Die getroude lewe bied stabiliteit en sekuriteit. Egskeiding ruk dit alles uitmekaar. Dit kan tot paniek en bekommernis lei wat ook depressiewe gevoelens kan veroorsaak. Die feit bly egter staan dat jy op jou eie bene kan staan. Skep nuwe roetines sodat jy aan ’n stabiele lewe kan bou. Jy sal baie sterker en veiliger voel as jy dit bereik, maak nie saak hoe ontwrigtend jou omgewing voel nie. Kinders is verbasend aanpasbaar en val vinnig by hul nuwe “nietradisionele” gesinslewe in. Dit sal vir jou kinders baie makliker wees om aan te pas as hulle sien dat jy die oorgang maak en met jou lewe aangaan.

Skep ’n nuwe verhouding met jou eks
Ná ’n egskeiding val die man-en-vrou-verhouding weg. Jul nuwe verhouding is nou uitsluitlik een van ouerskap vir jul kinders. Jy en jul kinders moet dit verstaan. n Skep duidelike reëls ten opsigte van die kinders se op- en aflaaitye. Die egskeiding het hulle reeds ontwrig, daarom sal onstabiliteit in hierdie verband vrees en verdere onsekerheid veroorsaak, veral as een van julle laat is. Kommunikasie is uiters belangrik om te verseker dat die kinders te alle tye beskermd en veilig by albei ouers voel. n As jy ná die egskeiding nog in die huis woon, moet jou eks verstaan dat dit nou jou gebied is. Hy kan nie ongenooid opdaag en net instap nie. Stel jou grense duidelik. n Kommunikeer duidelik met jou eks. Dit is ’n goeie idee om aanvanklik per e-pos of skriftelik te kommunikeer. Moet nooit jou kinders gebruik om boodskappe vir hul pa te gee nie.

Onthou dit
Kinders hoor en sien baie meer as wat ouers dink Praat met hulle oor wat besig is om te gebeur, hoe hulle voel en verduidelik dat dinge beter sal raak. Moenie hul gevoelens as onbelangrik afmaak nie, maak nie saak hoe belaglik dit klink nie. As dit nodig is, neem hulle vir iets soos spelterapie.
Omring jouself met die regte vriende Kry vir jou ’n ondersteuningsgroep wat jou emosioneel sal bystaan, goeie leiding sal gee en voortdurend sal aanmoedig. Kry iemand by wie jy kan huil, iemand wat net luister, iemand saam met wie jy kan bid, iemand saam met wie jy kan ontspan en selfs iemand by wie jy net kan sit sonder om iets te sê.
Maak tyd vir jouself Bestee die tyd oor die naweke en vakansies wanneer die kinders by jou eks is aan jouself. Die belangrikste geskenk wat jy jou kinders kan gee, is om goed na jouself te kyk. Aanvanklik is dit moeilik, maar doen moeite en beplan ’n prettige aktiwiteit vooruit. Sluit by die gim of ’n boekklub aan. Doen iets wat vir jou lekker is.
Wees die minister van pret! Jy is nou outomaties die sjef, opvoeder, bestuurder, emosionele versorger en finansiële bestuurder van jou huis. Onthou om vir pret en vreugde in jou nuwe lewe te sorg. Skep nuwe herinneringe vir jou kinders wat hulle gelukkig en met ’n goeie selfbeeld die toekoms sal instuur.
Maak ’n plan Assesseer jou finansiële situasie. Kyk na jou hulpbronne en opsies rakende behuising, jou beroep en finansies. Kry vir jou ’n goeie finansiële raadgewer om jou by te staan.

Besoek www.vrouekeur.co.za vir soortgelyke artikels. Elke vrou moet haar eie finansiële plan hê. Bel Divorcesmart101 vir finansiële beplanning, selfs al is jy nie geskei nie. Christel du Toit: 082 852 7610/christel@divorcesmart101.co.za Vk

Welkom by die Vrouekeur aanlyngemeenskap!

Vertel ons meer van jouself sodat ons aan jou behoeftes kan voldoen. Klik hier om ʼn vinnige, anonieme digitale meningsopname te doen.

Kommentaar
Wees eerste om kommentaar op die artikel te lewer.
Jy moet ingeskakel wees om kommentaar op die artikels te kan lewer. Indien jy nog nie 'n aanlyn-profiel het nie, kan jy hier een skep

Caxton Tydskrifte moedig vryheid van spraak aan en ‘n verskeidenheid standpunte word hier weergegee. Die menings van die gebruikers van vrouekeur.co.za is hul eie en nie noodwendig dié van Caxton Tydskrifte nie.
Interessante artikels
Meeste kommentaar
Dance Umbrella 2
Johannesburgers kan na ‘n week se kontemporêre dansfees uitsien
Brei: Veelsydige tjalie
Hierdie tjalie is maklik om te brei en jy kan dit op verskeie maniere dra
HEKEL: 'n Kniekombers
Benodigdhede E lle Pure Gold-dubbelbreidraad (100 g-balle): 3 bolle elk Soft Lilac 200, Salmon 205, Phlox 207 en Cabaret 204. 3,75...
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms