Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

Kennis is mag, maar houding is kernkrag, sê Janene Visser en Christel du Toit van Divorcesmart101. Hulle gesels dié week oor bateverdeling

“Ek en my man is besig om te skei. Ons is buite gemeenskap van goedere met die aanwasbedeling getroud. Ons weet nie hoe om ons gesamentlike boedel te verdeel sodat dit finansieel sin maak nie. Moet ek sommer 50% van alles eis?” – Doreen van Paarl

Eis jou deel
As jy die boedel eenvoudig in die helfte verdeel, sal jou welvaart vinnig vernietig word en dit gaan jou jare neem om dit weer op te bou. As jy jou boedel sorgvuldig ontleed en uit ’n finansiële welvaartskeppingsoogpunt daarna kyk, gaan jy vinniger op koers wees. ’n Mens kan altyd R1 verdubbel en dit R2 maak, maar jy kan niks met R0 maak nie. Wees dus versigtig voor jy geld aan die Ontvanger weggee of onnodige gelde betaal. Kry ’n finansiële adviseur om vir jou voorstelle te maak wat jou welvaart kan beskerm of dalk ’n nuwe finansiële plan op te trek. In die voorbeeld hierbo is elke party se aandeel in die boedel R1 609 357,50. Hoe gaan jy te werk om jou 50% te eis? Sou die eiendom in die voorbeeld ’n klein verband of geen verband hê nie, kan julle die huis in jou naam oordra. Jy gaan net prokureurs- en verbandregistrasiegelde moet betaal. Jy kan gewoonlik met jou prokureur hieroor onderhandel. In sommige provinsies wil munisipaliteite ses maande se erfbelasting vooruit hê, hoewel dit weer teen jou rekening gekrediteer sal word. Beplan sodat dit nie ’n probleem skep nie. n Dit beteken jy gaan geen maandelikse verbandbetaling hê nie en jy kan in ’n later stadium finansiering op die bate kry. Die maandelikse verbandterugbetaling op R1 000 000 teen huidige rentekoerse is ongeveer R9 000 per maand. Afhangende van jou inkomste, kan jy die helfte van die bedrag vir aftrede spaar of in jouself belê en dalk verder gaan studeer. n Die nadeel om die eiendom te neem as jy sou wou verkoop, is dat dit dalk ses tot twaalf maande gaan neem voor jou eiendom verkoop word, veral in die huidige mark. Sorg dus dat jy kontantvloei het. n Die verdere R147 000 wat jou toekom, kan teen Gade A se belegging van R900 000 geëis word. (Kapitaal en bates sluit nie rehabiliterende onderhoud in nie.) n Gade A behou dus sy pensioenfonds en gedeeltes van sy belegging sonder dat welvaart verwoes word. Gade A gaan wel weer in ’n eiendom moet belê of huur. n Om net 50% van alles te eis om kontant in die hande te kry, gaan jou welvaart vernietig. Kry raad en oorweeg die kostes:

1. Wins op eiendom minus agentskapsgelde is ongeveer R1 500 000 - 7% = R1 395 000 (verlies van R105 000)
2 Belasting op Gade A se aftreefonds sou jy 50% eis en in kontant neem, is ongeveer R154 440.
3 Belasting op Gade B se aftreefonds sou hy 50% eis en in kontant neem, is ongeveer R67 950.
4 Die boedelverdeling sluit ook mark- en beleggingsrisiko en jou toekomstige aftreebeplanning uit.
5 Voeg hierby regskostes van ongeveer R30 000 per gade en jy gee R387 390 van jou welvaart weg!

Bel Divorcesmart101 vir ’n finansiële plan. Christel du Toit: 082 852 7610/christel@divorcesmart101. co.za Besoek www.vrouekeur.co.za vir nog artikels Vk


Welkom by die Vrouekeur aanlyngemeenskap!

Vertel ons meer van jouself sodat ons aan jou behoeftes kan voldoen. Klik hier om ʼn vinnige, anonieme digitale meningsopname te doen.

Kommentaar
Wees eerste om kommentaar op die artikel te lewer.
Jy moet ingeskakel wees om kommentaar op die artikels te kan lewer. Indien jy nog nie 'n aanlyn-profiel het nie, kan jy hier een skep

Caxton Tydskrifte moedig vryheid van spraak aan en ‘n verskeidenheid standpunte word hier weergegee. Die menings van die gebruikers van vrouekeur.co.za is hul eie en nie noodwendig dié van Caxton Tydskrifte nie.
Interessante artikels
Meeste kommentaar
Só sê Steve en Natasha geluk
Ben, Steve Hofmeyr se jongste seun word vandag 7 Augustus 10 jaar oud - dis hoe sy ouers hom op sosiale media netwerke geluk wens
Ons gesels met: Hemelbesem
Christiaan J de Swardt gesels met die bekroonde rymkletser HemelBesem oor rugby, hip-hop, die beat, Afrikaans én trots in ons 20 Mei-uitgawe. Lees...
Die Parlotones kuier in Hillside
Sit Vrydagaand terug en geniet 'n konsert met die Parlotones wat liedjies uit hulle jongste album, Journey through the Shadows, in die klub speel.
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms