Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

Kennis is mag, maar houding is kernkrag, sê Janene Visser en Christel du Toit van Divorcesmart101. Hulle gesels dié week oor die staat se pensioenfonds

“Ek is in 2006 geskei en in my egskeidingsbevel word dit gestipuleer dat ek op ’n deel van my eksman se staatsamptenaarpensioenfonds (Government Employee Pension Fund of GEPF) geregtig is. Ek is in kennis gestel dat ek slegs hierdie deel kan ontvang as my eks aftree, bedank of sterf. In ’n onlangse koerantberig het ek egter gelees dat die GEPF nou wel betalings aan nielede maak. Is dit só of moet ek nog wag om my deel te ontvang?” – Izelle van Ceres Die Kaapse Hooggeregshof het verlede jaar bevind die wet wat die GEPF beheer, is teenstrydig met die grondwet omdat dit die fonds verhinder om betalings van pensioenbelang aan die geskeide gades van lede te maak, wat die geval met ander pensioenfondse is. Die hof het die regering ’n jaar tyd gegee om die situasie reg te stel. Intussen het die regering ’n wetsontwerp gepubliseer wat op die voorneme dui om die wet sodanig te wysig om die GEPF toe te laat om die reëls te verander en voordele uit te betaal, soos in die hooggeregshofegskeidingsbevel gestipuleer. Die wetsontwerp is intussen aanvaar en wetgewing is gewysig. Die president het sy goedkeuring gegee en die wet is bekragtig. Dis in die Staatskoerant gepubliseer: Staatskoerant Vol 558 No 34864 van 14 Desember 2011. (Sien artikel 24A in Proklamasie 21 van 1996.) Hierdie artikel bepaal dat jy nou op jou deel van jou gewese man se pensioenfonds kan aanspraak maak. Die GEPF het met die proses van betalings aan nielede (voormalige gades) begin. As jy ’n eis wil indien, moet jou egskeidingsbevel die volgende aandui: n Die persentasie waarop jy geregtig is. n Die naam van die fonds (GEPF). Jou gedeelte van die pensioenfonds kan na jou eie uittree-annuïteitsfonds, bewaringsfonds (jy kan slegs een derde daarvan onttrek as jy op ’n latere stadium kontant wil neem) of pensioenfonds oorgedra word. Jy kan ook die voordeel in kontant neem, maar jy sal vir die belasting aanspreeklik wees as jy ná 2007 geskei is.

Voor jy die skikking teken Moet ek die gratifikasie of huidige waarde van sy fonds aanvaar? As die waarde van jou man se pensioenfonds R1,5 miljoen is, beteken dit dat jy op 50% van die R1,5 miljoen geregtig is. Dit sal met ander woorde R750 000 wees voor enige belasting afgetrek word. As die bewoording egter stipuleer dat jy op 50% van die gratifikasie geregtig is, gaan jy slegs 50% kry van die een derde kontantgedeelte soos met aftrede. Dit impliseer dat een derde R500 000 is, waarvan jy dan op slegs R250 000 voor belasting geregtig is. Dit kan ’n duur fout wees. Jou beplanning moet dus deeglik wees en jy gaan belasting in berekening moet bring. Om dus seker te maak jy kry jou volle 50% van sy pensioenfonds, kry voor jou egskeiding die huidige waarde by die departement en maak seker die bewoording in jou skikking sê dat jy op 50% van die waarde van die pensioenfonds op datum van egskeiding geregtig is.

Hoe dien ek my eis in? Jou egskeidingsbevel/skikking moet dus jou deel van die pensioenfonds stipuleer. Dit is baie belangrik om jou eis teen die GEPF in te stel sodra jy jou egskeidingsbevel gekry het. Dit verseker jou gedeelte sal aan jou uitbetaal word as jou eksman sterf, bedank of ongeskik verklaar word. As jy dit nie doen nie en die GEPF betaal sy pensioen aan hom uit, sal jy weer hof toe moet gaan om die geld van jou eks te eis. Jy moet ’n endossementdokument van die GEPF ontvang as bewys dat jou eis geldig is en die fonds is dan vir die uitbetaling van die geld aan jou verantwoordelik. Ondernemings soos Divorcesmart101 kan met die indiening van ’n geldige eis by die GEPF help. Teen ’n koers van 2% van die totale bedrag van die waarde van jou deel van die eis, sal Divorcesmart101 die indieningsproses namens jou administreer en al die verwante finansiële raad bied.

Bel Divorcesmart101 vir ’n omvattende finansiële plan wat mediese, lewens- en “gevreesde siekte”-dekking insluit. Christel du Toit: 082 852 7610/christel@divorcesmart101.co.za Vk

Welkom by die Vrouekeur aanlyngemeenskap!

Vertel ons meer van jouself sodat ons aan jou behoeftes kan voldoen. Klik hier om ʼn vinnige, anonieme digitale meningsopname te doen.

Kommentaar
Wees eerste om kommentaar op die artikel te lewer.
Jy moet ingeskakel wees om kommentaar op die artikels te kan lewer. Indien jy nog nie 'n aanlyn-profiel het nie, kan jy hier een skep

Caxton Tydskrifte moedig vryheid van spraak aan en ‘n verskeidenheid standpunte word hier weergegee. Die menings van die gebruikers van vrouekeur.co.za is hul eie en nie noodwendig dié van Caxton Tydskrifte nie.
Interessante artikels
Meeste kommentaar
Desiré Gardner
Hierdie aktrise is gek na die twee mans in haar lewe en baie opgewonde oor 'n splinternuwe rolprent wat eersdaags by teaters draai
Kan ek nou eis?
Kennis is mag, maar houding is kernkrag, sê Janene Visser en Christel du Toit van Divorcesmart101. Hulle gesels dié week oor die staat se...
Klassieke musiek: Ludwig van Beethoven
In Vrouekeur van 15 Januarie skryf Johan Myburg oor enkele aspekte van Ludwig van Beethoven se musiek. Die inligting hier onder is ter aanvulling van...
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms