Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

Kennis is mag, maar houding is kernkrag, sê Janene Visser en Christel du Toit van Divorcesmart101. Hulle gesels dié week oor begrotings

Ek en my man is al 12 jaar getroud. Ons albei werk, maar hy verdien baie meer as ek. Ons argumenteer dikwels oor die huishoudelike uitgawes. My man sê ek spandeer te veel op ons kruideniersware. Ek probeer verduidelik dat ek nie meer spandeer as wat ons nodig het nie, maar hy verstaan nie. Wat kan ek doen om hierdie situasie beter te hanteer? – Hilde, Kaapstad
Die sêding “Wat ek elke maand met die graaf indra, dra sy binne ’n week met die kruiwa uit” kan nie meer verkeerd wees as ’n mens gaan kyk na wat dit kos om elke dag ’n kosblik vir twee kinders en jou man te pak nie. n Kitspap (Oat-so-easy): R3 per pakkie n Jogurt: R6 n Broodjie: R5 n Energiestafie: R7 n Vrug: R4 Totaal: R25 x 3 = R75 x 20 dae = R1 500 per maand Dan het niemand nog aandete geëet nie! Iemand wat een keer per jaar in die winkel instap en ’n mandjie vol goed gryp, het nie ’n idee wat ’n trollie vol kruideniersware kos nie. Die meeste mans (en seker vroue ook) het nie ’n idee wat hulle maandeliks op kruideniersware spandeer nie. Elke nou en dan lees ons in die koerante dat kospryse styg, maar min van ons doen regtig moeite om uit te werk wat dit werklik kos om vandag ’n gemiddelde bestaan te voer. ’n Belangrike aspek van ’n suksesvolle, langtermynverhouding is om gesamentlike doelwitte te beplan. ’n Begroting is een manier om dit te bereik. Doen dit só: n Feite maak altyd sin op papier. Ons moedig al ons kliënte aan om elke maand van ’n begroting gebruik te maak. Voor jy ’n begroting begin opstel, moet jy soveel detail as moontlik neerskryf. Jy moet dus elke uitgawe neerskryf. Dit klink dalk ’n bietjie oorweldigend, maar jou eindproduk sal dan presies wys hoeveel geld jy beskikbaar/ nodig het en waarop dit uitgegee word. n Begin deur eerstens jul huishoudelike inkomste neer te skryf. n Maak nou ’n lys van al jul maandelikse uitgawes. Skryf alle verwagte uitgawes neer, soos verbandbetalings, motorpaaiemente, kruideniersware, uitgawes vir kinders, huishulp, telefoon, water en ligte, ensovoorts. Maak nou ook ’n lys van onverwagte uitgawes. n Verdeel jou uitgawes in twee kategorieë: vas en veranderlik. Vaste uitgawes bly gewoonlik elke maand dieselfde. Dit sluit in huis- en motorpaaiement, huishulp, versekering, kinders se buitemuurse aktiwiteite en skoolgelde. Veranderlikes is gewoonlik dinge soos kruideniersware, brandstof, geskenke, klere, vermaak en uiteet. n ’n Begroting moet maandelikse premies insluit wat aan beleggings, effektrusts of spaarrekenings geallokeer word. Dis met ander woorde ’n “uitgawe”. Maandelikse uitgawes en beleggings moet dus eers betaal word en dit wat oorbly nadat jy gespaar het, kan dan bestee word. n Maak saam met jou man seker wat die totale bedrag van al die uitgawes is. Dis ook ’n maklike aanknopingspunt vir ’n finansiële gesprek. n Hou jou begroting eenvoudig.

Die doel van ’n begroting n Die hoofdoel van ’n begroting is om te weet presies hoeveel inkomste verdien word en hoe die geld uitgegee word. n ’n Begroting beperk twis en voorkom onnodige argumente oor wie wat spandeer en hoekom. Die begrotingsproses is ook ’n ideale tyd om jul manier van besteding te bespreek. n Dit bewys dat jy maandeliks die huishouding se geld bestuur en dit nie met die spreekwoordelike kruiwa uitdra nie. n Jy kry waardevolle inligting soos beleggingsyfers, belastingterugbetalings en abnormale uitgawes. Dit gee jou ook toegang tot bankstate wat jou weer in staat stel om alles te balanseer. n Jy sal weet wat die terugbetaling op jou huisverband is. Wanneer daar onnodige kapitaal uit die verband geneem word, sal jy dadelik daarvan bewus wees. n As jy ’n begroting vir ’n lang tydperk bestuur, kan dit aangewend word om gades se inkomste en uitgawes te bevestig as egskeiding onvoorkombaar is. n Een van die grootste foute wat vroue maak, is om nie by die huishouding se finansies betrokke te wees nie. Stel saam met jou man jul maandelikse begroting op.
Onthou, ’n begroting is ’n absolute vereiste om julle te help om langtermyn- finansiële sekuriteit te bekom. ’n Goeie begroting waarmee albei gelukkig is, bring mee dat “joune” en “myne” “ons s’n” word.

Besoek www.divorcesmart101.com om ’n gedetailleerde begroting af te laai. Kontak Divorcesmart101 vir jou finansiële beplanning, selfs al is jy nie geskei nie. Christel du Toit: 082 852 7610/christel@divorcesmart101. co.za Vk

Welkom by die Vrouekeur aanlyngemeenskap!

Vertel ons meer van jouself sodat ons aan jou behoeftes kan voldoen. Klik hier om ʼn vinnige, anonieme digitale meningsopname te doen.

Kommentaar
Wees eerste om kommentaar op die artikel te lewer.
Jy moet ingeskakel wees om kommentaar op die artikels te kan lewer. Indien jy nog nie 'n aanlyn-profiel het nie, kan jy hier een skep

Caxton Tydskrifte moedig vryheid van spraak aan en ‘n verskeidenheid standpunte word hier weergegee. Die menings van die gebruikers van vrouekeur.co.za is hul eie en nie noodwendig dié van Caxton Tydskrifte nie.
Interessante artikels
Meeste kommentaar
Só skryf 'n wenner - 6 September 2013
Willie Burger kyk na die Hertzogpryswenner FA Venter se werke
Lokprent: ’n Pawpaw vir my darling
Loer na die lokprent vir 'n Pawpaw vir my darling
Klassieke klanke: Daniel Boico
Die Lente-seisoen van die Kaapstad Simfonieorkes (KSO) kom op 1 Desember in die Kaapstad-stadsaal tot 'n einde met 'n uitvoering van 'n laat...
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms