Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

Kennis is mag, maar houding is kernkrag, sê Janene Visser en Christel du Toit van Divorcesmart101. Hulle gesels dié week oor pensioenfondse

Ek is buite gemeenskap van goedere met die aanwasbedeling getroud. Ons is tans besig om te skei en my man behoort aan ’n pensioenfonds. Hoe weet ek waarop ek geregtig is? My prokureur sê ek mag net die “pension interest” kry? Beteken dit ek is slegs op die rente geregtig? – Marthie van Swellendam
“Pension interest” (pensioenrente) is ’n begrip wat baie verwarring veroorsaak, veral met egskeidingstres. Dit is volgens die egskeidingswet artikel 70 van 1997 al die bydraes deur die werkgewer en werknemer, plus groei op die fonds. Sou jou hofbevel sê jy is op 50% van dié pensioenrente geregtig, is jy op die helfte van die bydraes en groei vanaf datum van huwelik geregtig. (Ek sou vir eisdoeleindes en maklike verwysings ’n hofbevel in Engels opstel.) Die volgende bewoording in jou hofbevel word nie deur fondse aanvaar as jy die eis indien nie en sal van die hand gewys word: n Pensioenwaarde n Gesamentlike boedel n Lid se waarde (Member’s interest) n Poliswinste (Proceeds of the policy) n Maak seker die woorde “pension interest” is in die hofbevel saam met die fondsnaam en die persentasie waarop jy geregtig is, anders sal jy die hofbevel moet laat verander, wat regskostes beteken.

Aftree-annuïteite is anders
Hier is jy geregtig op 50% van al die bydraes, plus eenvoudige rente soos deur die wet op voorgeskrewe koerse op rente (artikel 55 van 1975) bepaal. Dit beteken dus jy is nie op die groei van die fonds geregtig nie. Met die aanwasberekening gaan dit dus lyk of jy baie geld gaan kry, maar in realiteit is dit heelwat minder, veral nadat belasting afgetrek is. Kyk dalk om eerder ander bates soos beleggingsaandele of huise te eis. Of doen jou berekening op premies plus eenvoudige rente. Maak seker van jou berekenings om te voorkom dat jy weer hof toe moet gaan. Voorbeeld: As jy of jou man 15 jaar lank R400 per maand tot ’n uitree-annuïteit bygedra het, geld die volgende berekening:
(TABEL)

Wees versigtig As daar reeds ’n onderhoudsbevel teen die fonds aangeteken is, gaan dit voorkeur bo jou eis geniet. Maak dus seker! Baie maatskappye sal vir jou geld leen teen die waarde van jou of jou man se pensioenfonds. Dit word ’n “lien” genoem. Sou daar so ’n lening wees, gaan dit voorkeur geniet wanneer jy jou egskeidingseis insit. Sou daar dus ’n lening van R400 000 wees en die waarde van die fonds is R1 000 000, word die lening eers afgetrek en dan sal jy op 50% van die R600 000 geregtig wees. Die uitstaande deel moet jy weer van jou eks eis, wat regskostes beteken. Eis eerder teen ander bates of bewoord die hofbevel dat jy 80% van die waarde eis. As ’n lewensannuïteit reeds uitgereik is (aftrede het reeds in werking getree en maandelikse inkomste word betaal) is die kapitaal nie na ’n ander persoon oordraagbaar terwyl hy/sy lewe nie. Met egskeiding ná aftrede, kan jy dus nie die helfte van jou man se R4 miljoen eis nie (selfs al staan dit in jou hofbevel). Jy kan wel op die helfte van sy maandelikse pensioeninkomste aanspraak maak, wat dan só verwoord en in jou egskeidingsbevel aangeteken moet wees. Die versekeraar sal dus die inkomste maandeliks aan jou eks oorbetaal. Dit is egter hier waar die risiko inkom. Ons ondervinding is dat die oorbetalings wat jou toekom van die eks nie gereeld betaal word nie of selfs glad nie. Dan moet jy weer hof toe om geld van jou eks te ontvang of om beslag op bates te lê. So ’n situasie skep te veel risiko vir jou finansiële stabiliteit. Verwittig die fonds van jul hangende egskeiding as jou man naby aftrede is. Enige agterstallige onderhoud kan van jou eks se pensioenfonds geëis word, sou hy ná jul egskeiding ’n fonds hê. As jou hofbevel sê jy is op 50% van jou man se aftreefonds geregtig, moet jy seker maak jy teken self jou eis teen die fonds aan, selfs al sê die hofbevel jou eks moet dit aanteken. Sou jy teen meer as een fonds eis, moet jy dit by almal aanteken. Government Employee Pension Fund: Onthou dat jy nou jou gedeelte kan eis as jou eks vir die staat werk, selfs al is jy voor 2007 geskei. Moenie wag tot aftrede nie.

Kontak Divorcesmart by www.divorcesmart101. com, Christel du Toit: 082 852 7610 of christel@divorcesmart101.co.za Vk

Welkom by die Vrouekeur aanlyngemeenskap!

Vertel ons meer van jouself sodat ons aan jou behoeftes kan voldoen. Klik hier om ʼn vinnige, anonieme digitale meningsopname te doen.

Kommentaar
Wees eerste om kommentaar op die artikel te lewer.
Jy moet ingeskakel wees om kommentaar op die artikels te kan lewer. Indien jy nog nie 'n aanlyn-profiel het nie, kan jy hier een skep

Caxton Tydskrifte moedig vryheid van spraak aan en ‘n verskeidenheid standpunte word hier weergegee. Die menings van die gebruikers van vrouekeur.co.za is hul eie en nie noodwendig dié van Caxton Tydskrifte nie.
Interessante artikels
Meeste kommentaar
Wynmaker: Peter-Allan Finlayson
Peter-Allan Finlayson is die nuwe wynmaker op Gabriëlskloof buite Botrivier in die Overberg
Kuberboelies: Help jou kind
Is jou kind die slagoffer van kuberboelies? Lees in dié week se Vrouekeur meer oor die hantering van die probleem.
KIES 'N BEROEP: Biochemie
Belangrike ontdekkings in die stryd teen kanker, MIV/vigs en biotegnologie (waar biologiese materiaal in brandstof omgeskakel word) is alles die werk...
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms