Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

SKEP DIE PERFEKTE TUISKANTOOR SÓ

Met goeie beplanning kan elke stukkie ruimte van ’n klein plek goed benut word.

DEUR: Maryke Roberts
FOTO'S: Jac Kritzinger
As jy die spaarkamer in jou huis as kantoor wil inrig, is daar geen reëls wat sê dit moet vervelig en vaal wees en soos ’n kantoor lyk nie. Anne-Marie Marais van Somerset-Wes het haar spaarkamer as werksplek én luukse klein wegbreek vir haar gaste ingerig deur die mure ’n olyfgroen te verf en toe met draadrakkies en ’n versameling van haar hartsgoed opgetower.

Vyf wenke vir ’n veeldoelige tuiskantoor

Tuiskantoor1 Kies ’n gemaklike stoel waarop jy kan sit om te werk, maar wat ook deur jou gaste gebruik kan word as hulle poskaarte wil skryf of met ’n boek wil ontspan.
2 Sorg dat die tafel voor die venster is en daar iewers ’n los spieël is, vir genoegsame lig as jy wil werk, maar ook sodat gaste ‘n boek kan lees of grimering kan aansit.
3 Versteek rekenaars, drukkers en ander bonkige kantoorbenodigdhede in ’n kas, wat die kamer netjies hou.
4 Gebruik oulike kennisgewingborde vir jou afsprake en kontaknommers, en vrolik dit op met foto’s, poskaarte, linte en kristalle sodat gaste nie voel hulle slaap in die “kantoor” nie.
5 Hang ’n muskietnet en sit mooi strooikussings op die bed met hul rugkante teen die dwarsmuur, sodat die spaarkamerbed bedags soos ’n dagbed lyk, sou iemand in jou kantoor kom inloer. Wanneer jou gaste kom, skuif jy net die kussings en die bed is verwelkomend en dis weer behoorlik spaarkamer.
Welkom by die Vrouekeur aanlyngemeenskap!

Vertel ons meer van jouself sodat ons aan jou behoeftes kan voldoen. Klik hier om ʼn vinnige, anonieme digitale meningsopname te doen.

Kommentaar
Wees eerste om kommentaar op die artikel te lewer.
Jy moet ingeskakel wees om kommentaar op die artikels te kan lewer. Indien jy nog nie 'n aanlyn-profiel het nie, kan jy hier een skep

Caxton Tydskrifte moedig vryheid van spraak aan en ‘n verskeidenheid standpunte word hier weergegee. Die menings van die gebruikers van vrouekeur.co.za is hul eie en nie noodwendig dié van Caxton Tydskrifte nie.
Interessante artikels
Meeste kommentaar
Redakteursbrief: Wat is in 'n naam?
Voor Google het ek gedink daar is net een mens op aarde met die naam “Eldaleen”. Toe nou nie.
Mode: Billik vir jou beursie
Loer in ons 25 Julie uitgawe vir indrukuitrustings met nét sulke lekker prysetikette. Hier is solank ‘n voorsmakie.
Pretville-premiere
Kyk hier na Hartiwood-films se agter-die-skerms video van die Pretville premiere.
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms