Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

UIT DIE KELDER: KRY MEER AS NET WYN BY BALEIA BAY

Baleia Bay het in November 2014 hul amptelike opening gehad. Dié nuweling is naby die dorpie Vermaaklikheid geleë, in ‘n nuutopkomende wynstreek langs die Kaapse Suidkus.

DEUR: Wilna Myburgh

Vars van die plaas

Baleia Bay het in November 2014 hul amptelike opening gehad. Dié nuweling is naby die dorpie Vermaaklikheid geleë, in ‘n nuutopkomende wynstreek langs die Kaapse Suidkus. Die omgewing is gekies vir die kalkryke grond en nabyheid tot die see; die koel seebries wat deurgaans oor die wingerde waai verlaag die temperatuur en verseker dat net die beste kwaliteit druiwe geproduseer word.

Die naam kom van die Portugese woord vir walvis (baleia) en sluit aan by die plaas se nabyheid aan St. Sebastianbaai, wat dikwels Suid-Afrika se walvisbabakamer genoem word.

Die wyne het reeds begin naam maak deur talle wyntoekennings in te palm. Die toekennings sluit menigte van die Chardonnay 2013 in, insluitend ‘n dubbelgoud by die Michelangelo-toekennings van 2014 beste nuwe fonds op skou by die Old Mutual Trophy Wine Show 2014. Die chardonnay, pinot noir en sauvignon blanc het die RECM Best Value 2014-toekennings ontvang. Daar is ook brons Veritas-toekennings gegee aan die pinot noir, die ongehoute chardonnay en die rosé.

Benewens wyn is Baleia Bay ‘n kleinvervaardiger van ekstra suiwer-olyfolie. Daar is ook die LaBella Restaurant & Deli wat op die plaas langs die kelder en proelokaal geleë is. Daar is daagliks tuisgemaakte etes en varsgebakte produkte beskikbaar.

Meer inligting
Tye Die restaurant en deli is Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 17:00, Saterdae van 08:00 tot 15:00 en Sondae van 08:00 tot 16:00 oop.
Bel Maryke Holtzhauzen by 028 713 1367
E-pos admin@baleiabay.co.za 
Besoek www.baleiabay.co.za.
Gesels op Facebook of Twitter @BaleiaBayWines



Welkom by die Vrouekeur aanlyngemeenskap!

Vertel ons meer van jouself sodat ons aan jou behoeftes kan voldoen. Klik hier om ʼn vinnige, anonieme digitale meningsopname te doen.

Kommentaar
Wees eerste om kommentaar op die artikel te lewer.
Jy moet ingeskakel wees om kommentaar op die artikels te kan lewer. Indien jy nog nie 'n aanlyn-profiel het nie, kan jy hier een skep

Caxton Tydskrifte moedig vryheid van spraak aan en ‘n verskeidenheid standpunte word hier weergegee. Die menings van die gebruikers van vrouekeur.co.za is hul eie en nie noodwendig dié van Caxton Tydskrifte nie.
Interessante artikels
Meeste kommentaar
BREI: Knus vir die kop
Soos verskyn in 7 Mei 2010 se uitgawe. Brei vir julle almal musse.Die patroon is vir kinders van vier jaar tot vir volwasse vroue en mans.
MUSIEKNUUS: Die nuwe Nicholis
Kyk hoe lyk Nicholis Louw se splinternuwe CD, Gebed van 'n Sondaar.
Wyn: Nuwe voorkoms vir De Wetshof-etikette
Nuwe voorkoms vir De Wetshof-etikette spog met Cape Vintner Classification-status
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms