Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

NUWE FLIEK: THE SECOND BEST EXOTIC MARIGOLD HOTEL

The Second Best Exotic Marigold Hotel is Sonny (Dev Patel) se droomprojek en dit verg meer van sy tyd as wat hy het. Veral aangesien hy binnekort met die liefde van sy lewe, Sunaina (Tina Desai) trou.

Begin 6 Maart 2015
Regisseur John Madden
Akteurs Bill Nighy, Richard Gere, Maggie Smith, Dev Patel

Sonny se eerste onderneming, The Best Exotic Marigold Hotel for the Elderly and Beautiful, het nou net ’n enkele oop kamer, wat ’n probleem vir sy nuwe gaste Guy (Richard Gere) en Lavinia (Tamsin Greig) skep. Gelukkig het hy reeds sy oog op ’n belowende, nuwe eiendom.

Evelyn en Douglas (Judi Dench en Bill Nighy) het by die Jaipur-arbeidsmag aangesluit en begin wonder waar hul gereelde afsprake vir Chilla-pannekoeke lei. Norman en Carol (Ronald Pickup en Diana Hardcastle) is besig om in die troebel water van ’n eksklusiewe verhouding te vaar, terwyl Madge (Celia Imrie) haar tyd tussen twee hubare en baie welgestelde minnaars verdeel.

Dis moontlik dat die enigste inwoner wat al die antwoorde het, die nuut-aangestelde adjunk-hotelbestuurder Muriel (Maggie Smith) is. Sy is tog die een wat almal se geheime ken.

En net wanneer die vereistes van ’n tradisionele Indiese troue dreig om al hul tyd en aandag in beslag te neem, gaan ’n onverwagse pad vorentoe oop.

Resepte Die Marigold-inwoners se gunstelingresepte
• Sonny en Sunaina se All you need is love-koek
• Evelyn se New beginnings chillie paneer

Kyk die lokprent
 

Welkom by die Vrouekeur aanlyngemeenskap!

Vertel ons meer van jouself sodat ons aan jou behoeftes kan voldoen. Klik hier om ʼn vinnige, anonieme digitale meningsopname te doen.

Kommentaar
Wees eerste om kommentaar op die artikel te lewer.
Jy moet ingeskakel wees om kommentaar op die artikels te kan lewer. Indien jy nog nie 'n aanlyn-profiel het nie, kan jy hier een skep

Caxton Tydskrifte moedig vryheid van spraak aan en ‘n verskeidenheid standpunte word hier weergegee. Die menings van die gebruikers van vrouekeur.co.za is hul eie en nie noodwendig dié van Caxton Tydskrifte nie.
Interessante artikels
Meeste kommentaar
Italiaanse wyne te proe in Kaapstad
Die Gambero Rosso Top Italiaanse Wyne Vertoonstuk is verlede week by The Lookout in die V&A Waterfront gehou. Gaste het die geleentheid gehad om die...
Frank Opperman en Karen Wessels gesels met ons
Vyf vinnige vrae aan Frank Opperman en Karen Wessels
Kuns: Kuns deur die eeue
Daar wás aan die een kant die verligtende ideaal, maar daar was eweneens die donkerder kant van iemand soos die Markies de Sade
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms