Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

NUWE FLIEKS: TOMORROWLAND EN LIFE OF CRIME

Leon van Nierop resenseer Tomorrowland en Life of crime

DEUR: Leon van Nierop
Tomorrowland
Met George Clooney, Britt Robertson en Hugh Laurie
Regisseur Brad Bird
Genre Wetenskapsfiksie
Begin 22 Mei 2005
Bespreek kaartjies by Ster Kinekor


Wetenskapfiksie en fantasie is ’n genre wat weer stoom kry. En met Brad Bird, een van Hollywood se voorste animasieregisseurs wat nou ’n lewende-aksie rolprent regisseer, kan die resultaat net opwindend wees. Jy moet egter onthou dat indien wetenskapsfiksie verkeerd aangepak word, dit kan irriteer. Maar lesers het net George Clooney se naam onder die titels nodig om te dink: “Watwo wat enige suur resensent kwytraak. Ek gaan na my held met die smeulende slaapkameroë kyk!”

Maar wag. Daar is nog ’n “kom-soen-my-gou-held” in die rolverdeling: Hugh Laurie! Met daardie formidabele kombinasie is daar seker al vroue wat hul kaartjies reeds gekoop het.

Genoeg om te sê die rolprent handel oor ’n geniale tiener wat ’n plek ontdek waar tyd en ruimte nie bestaan soos ons dit ken nie, en met dié vetrekpunt begin ’n avontuur wat dalk net mag vermaak!

Hugh Laurie, wat natuurlik bekend geraak het as TV se Dokter House, het Skotse bloed en was ook een van sy universiteit, Oxford, se kampioen-roeiers, vandaar sy mooi arms! Behalwe dat hy ’n uitmuntende akteur is, is hy ook ’n skrywer. Sy nuwe roman, The paper soldier verskyn eersdaags.
(Ster-Kinekor)

Life of crime
Met Jennifer Aniston, Yasiin Bey en Isla Fisher
Regisseur Daniel Shechter
Genre Komedie

”Uit hierdie wêreld, bru!” soos tieners sou sê, want hierdie koelkopfliek lyk of dit Somewhere my love op jou lagspiere kan tokkel. Dit is gegrond op ’n Elmore Leonard-roman (dieselfde skrywer wat die aweregse Get Shorty geskryf het) waarin ’n Hollywood-paradoks – lieftallige, goeie misdadigers – ’n miljardêrvrou ontvoer. Maar, o wee! Haar man weier om haar losprys te betaal. “Hou die heks! Ek wil haar nie terughê nie!” is sy boodskap.

Hoe nou gemaak? Jy kan seker uit die opsomming aflei dat hierdie komedie jou vir 90 minute van beurtkrag, korrupsie en leë beursies sal laat vergeet. Indien dit reg aangepak word, kan dit die blues loshande verjaag met ’n lekker straatwys stappie en ’n rokkie wat parmantig opwip. En vir ’n verandering kan Pa en ouboet hulle aan die pragtige Jennifer Aniston gaan vergaap. Koel vermaak met ’n houding wat skynbaar skrik vir niks.

Jennifer Aniston sal natuurlik altyd onthou word as die sexy Rachel in die TV-reeks Friends. Sy het egter ook bewys dat sy ’n aktrise is wat ernstige rolle kan speel in die onlangse Cake. Haar pa is Grieks en haar ma van Skotse en Italiaanse oorsprong. Sy het vir ’n jaar lank in Griekeland grootgeword. (Ster-Kinekor)
Welkom by die Vrouekeur aanlyngemeenskap!

Vertel ons meer van jouself sodat ons aan jou behoeftes kan voldoen. Klik hier om ʼn vinnige, anonieme digitale meningsopname te doen.

Kommentaar
Wees eerste om kommentaar op die artikel te lewer.
Jy moet ingeskakel wees om kommentaar op die artikels te kan lewer. Indien jy nog nie 'n aanlyn-profiel het nie, kan jy hier een skep

Caxton Tydskrifte moedig vryheid van spraak aan en ‘n verskeidenheid standpunte word hier weergegee. Die menings van die gebruikers van vrouekeur.co.za is hul eie en nie noodwendig dié van Caxton Tydskrifte nie.
Interessante artikels
Meeste kommentaar
Keer paniekaanvalle
As jy al 'n paniekaanval ervaar het, sal jy die verlammende vrees onthou. Hier is raad vir lyers
Eureka, Jy kan dit vind!
Al ooit gewens jy kan ook skep en iets uit niks ontdek? Lees in Vrouekeur se 1 Mei-uitgawe hoe om die meeste uit die lewe te haal deur kreatief en...
Klassieke klanke: Donizetti se L’elisir d’amour
Tussen 1838 en 1848 was dit die opera wat die meeste keer aangebied is. Dis steeds besonder gewild en wêreldwyd deel van talle geselskappe se...
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms