Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

DIE SNEEUKONINGIN BETOWER OUD EN JONK

Die Sneeukoningin is gebaseer op die oorspronklike feëverhaal deur Hans Christian Andersen, wat in 1845 vir die eerste keer gepubliseer is.

Die storie handel oor ’n dogtertjie en seuntjie, Gerda en haar broer Kai, wat die goeie nastreef en die stryd teen die kwaad aansê.

Die Sneeukoningin wil graag ’n nuwe wêreld skep waar dit altyd winter is en waar die ysige Poolse winde die mense se siele afkoel en die skoon, koue lyne van die winterlandskap mense se emosies onderdruk. Sy het die wêreld met ys bedek en beplan nou om alle kuns te vernietig.

 

Maar ’n towerspieël het voorspel dat die meesterglasmaker, Vegard, wie se spieëls nie net mense se voorkoms nie, maar ook hul siele weerspieël, die Sneeukoningin en haar koninkryk bedreig. Op ’n dag waai die Poolse winde vir Vergard en sy vrou Una weg, maar hulle slaag daarin om hul dogtertjie, Gerda en babaseuntjie Kai, weg te steek.

Kort daarna ontdek een van die Sneeukoningin se bediendes vir Kai en sy glo vas dat hy Vegard se opvolger is.

Nadat Kai deur die Sneeukoningin ontvoer en in haar paleis opgesluit is, vertrek Gerda op ’n reis deur die ysige wonderland, vergesel van Luta, haar troetelfret en Orm, die trol. Gerda kom voor ’n hele paar moeilike struikelblokke te staan en maak nuwe vriende in haar poging om Kai te bevry, maar sy sal die Sneeukoningin moet verslaan en die harte van mense orals moet verower om die wêreld te red.

Die pragtige tonele, klassieke verhaal en wonderlike, hoëgehalte-animasie van die animasiemaatskappy, Wizart, sorg dat dit ’n klassieke avontuurrolprent is wat ’n internasionale gehoor sal bekoor.

Dié internasionale animasiefliek word op 30 Oktober 2015 in Suid-Afrika vrygestel.

Welkom by die Vrouekeur aanlyngemeenskap!

Vertel ons meer van jouself sodat ons aan jou behoeftes kan voldoen. Klik hier om ʼn vinnige, anonieme digitale meningsopname te doen.

Kommentaar
Wees eerste om kommentaar op die artikel te lewer.
Jy moet ingeskakel wees om kommentaar op die artikels te kan lewer. Indien jy nog nie 'n aanlyn-profiel het nie, kan jy hier een skep

Caxton Tydskrifte moedig vryheid van spraak aan en ‘n verskeidenheid standpunte word hier weergegee. Die menings van die gebruikers van vrouekeur.co.za is hul eie en nie noodwendig dié van Caxton Tydskrifte nie.
Interessante artikels
Meeste kommentaar
Bela-Bela se bekoring
Nie ver buite Pretoria nie, lê Bela-Bela, die voormalige Warmbad, waarvan menige mens vele gelukkige skoolvakansie-herinneringe van ure in die...
Olyf en Songedroogde Tamatiebrood
Hierdie olyfbrood is heerlik saam met braaivleis
7 Desember 2012 - Dit laat my sprakeloos
Daar’s ’n einde-van-die-jaar-gevoel in die lug te bespeur en ons almal sien uit daarna om tyd saam met geliefdes deur te bring – al is dit net...
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms