Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

THATO EN UNILEVER SKEP 'N #BRIGHTFUTURE VIR SA

Thato Kgathlanye is ’n jong Suid-Afrikaner wat met die skep van ’n herwinde skoolsak-en-studielig nie nét ’n suksesvolle sakeonderneming begin het nie, maar ook haar gemeenskap gehelp het.

Thato en ’n vriend het besef hulle kan op ’n eenvoudige manier ’n groot positiewe impak op hul gemeenskap maak. Hulle het toe herwinde plastiek geneem en dit gebruik om skoolsakke te maak. Nie net is dié skoolsakke bekostigbaar nie, elke sak het ook ’n sonligpaneel wat gedurende die dag laai en snags op ’n glashouer pas wat dan in ’n studielig omskep word sodat kinders snags hul huiswerk kan doen al is die krag af.

Studielif
Snags dien die glashouer met sonligpaneel as
’n studielig.

Jong mense soos Thato is die tipe mense wat Unilever glo Suid-Afrika se toekomstige leiers is en daarom het Unilever haar gehelp om haar projek te verwesenlik. Unilever se brightFuture-veldtog het vroeër vanjaar begin – dis ’n internasionale veldtog wat daarop gemik is om ’n beter toekoms vir jong mense te skep.

 

Die brightFuture-veldtog het afgeskop met ’n film getiteld The way kids see it – ’n fliek wat kinders van oor die wêreld, insluitende Suid-Afrika, se siening oor hoe ’n beter toekoms geskep kan word, vasvang. Unilever glo die wêreld behoort aan kinders en om aan hulle die tipe wêreld te gee wat hulle wil hê en nodig het, moet daar nou opgetree word.

Hier vertel Thato self meer oor hul projek

Kyk hier na die werk wat Unilever doen om gemeenskappe te help:

Domestos - https://www.brightfuture.unilever.co.za/stories/427913/Flush-out-poor-sanitation-by-cleaning-our-school-s-toilets.aspx

Lifebuoy - ?https://www.brightfuture.unilever.co.za/stories/427946/Saving-lives-by-washing-hands.aspx

OLA - ?https://www.brightfuture.unilever.co.za/stories/427897/Taking-ice-cream-to-the-streets-of-South-Africa-has-helped-to-improve-the-lives-of-over-1-500-local-residents-to-date-.aspx

OMO - https://www.brightfuture.unilever.co.za/stories/427900/Improving-Kids--Math-Skills-As-Easy-As-1--2--3.aspx

Welkom by die Vrouekeur aanlyngemeenskap!

Vertel ons meer van jouself sodat ons aan jou behoeftes kan voldoen. Klik hier om ʼn vinnige, anonieme digitale meningsopname te doen.

Kommentaar
Wees eerste om kommentaar op die artikel te lewer.
Jy moet ingeskakel wees om kommentaar op die artikels te kan lewer. Indien jy nog nie 'n aanlyn-profiel het nie, kan jy hier een skep

Caxton Tydskrifte moedig vryheid van spraak aan en ‘n verskeidenheid standpunte word hier weergegee. Die menings van die gebruikers van vrouekeur.co.za is hul eie en nie noodwendig dié van Caxton Tydskrifte nie.
Interessante artikels
Meeste kommentaar
Wyn vir die nostalgie
As jou hart terugverlang na die dae van kuiers op stasies, lekker etes by peron-kafees en die opwinding van die wagkamer, gaan loer by die...
Eldaleen Hugo gesels met OFM: 14 Oktober 2015
Eldaleen Hugo gesels met Cyril Viljoen op OFM oor die jongste Vrouekeur
BREI: Sloffies
Hier is ‘n oulike patroon vir maklike pantoffels
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms