Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

NUWE FLIEKS: BEFORE WE GO EN RETURN TO SENDER

Leon van Nierop resenseer nuwe flieks en ons deel hul lokprente

DEUR: Leon van Nierop

BEFORE WE GO 4/10

Met Chris Evans en Alice Eve
Regisseur Chris Evans
Genre Romantiese komedie

‘n Aantreklike jong man (wie anders as Captain America se Chris Evans met sy sespak?) ontmoet toevallig ‘n mooi meisie (Alice Eve) wanneer sy haar selfoon verloor terwyl sy ‘n trein probeer haal. Natuurlik wil hy haar help, maar dan bring die tweetjies die hele aand saam in New York deur en verveel ons met hul eindelose gesprekke oor niks.

Evans, wat ook die regie gedoen het, probeer dalk wys hoe twee verlore siele mekaar vind, maar moet ons regtig R60 betaal om daarna te kyk? Al wat gebeur, is dat onwaarskynlike gelukkies hulle tref, soos dat hulle saam op ‘n partytjie sing en speel en sodoende nader aan mekaar beweeg. En al wat ons nog in ons stoele hou, is die vraag: Sal hulle soen of nie? En tog, uiteindelik, wie gee om?

Die rolprent is langdradig, eentonig, niksseggend en vervelig. Moenie jou tyd en geld hierop mors nie!

Chris Evans is ’n vleispaleis wat in Captain America danksy sy mooi lyf naam gemaak het. In hierdie riller doen hy vir die eerste keer regie en speel sommer die hoofrol ook. Hy het aanvanklik aandag getrek in The fugitive in 2000 wat hom op die Hollywoodkaart geplaas het. (Ster-Kinekor)

RETURN TO SENDER 5/10

Met Rosamund Pike en Shiloh Fernandez
Regisseur Fouad Mikati
Genre Riller

Baie lesers sal probeer onthou waar hulle die naam “Rosamund Pike” al tevore gesien het. Sy was daardie venynige jong vrou (om dit sagkens te stel) wat haar man so “ingeloop” het in Gone Girl.

In hierdie nuwe rolprent speel sy die rol van ‘n ewe gevaarlike vrou wat nie met haar laat speel nie. Sy aanvaar ‘n blindemol-afspraak saam met ‘n sexy kêrel, maar besef te laat dat hy ander, wrede motiewe het. Ongelukkig word sy aan ‘n gruwelike vernedering onderwerp en sy besluit om wraak te neem.

Die skokke kom nogal onverwags soos wanneer ‘n tandarts een van jou senuwees raak boor, maar as jy jou rillers so goed soos jou beurtkragskedule ken, sal jy presies weet wat gaan gebeur. Dis jammer dat so 'n goeie aktrise nou ‘n eksploitasierolprent maak waar haar talente misbruik word. Pasop vir hierdie een!

Rosamund Pike het natuurlik bekendheid (sommige sou dit berugtheid noem) verkry nadat sy so wreed met die arme Ben Affleck was in Gone girl. In hierdie nuwe riller speel sy alweer ? gedugte moeilikheidmaker. Sy het haar TV-debuut destyds in Wives and daughters in 1999 gemaak. (Times Media)

Welkom by die Vrouekeur aanlyngemeenskap!

Vertel ons meer van jouself sodat ons aan jou behoeftes kan voldoen. Klik hier om ʼn vinnige, anonieme digitale meningsopname te doen.

Kommentaar
Wees eerste om kommentaar op die artikel te lewer.
Jy moet ingeskakel wees om kommentaar op die artikels te kan lewer. Indien jy nog nie 'n aanlyn-profiel het nie, kan jy hier een skep

Caxton Tydskrifte moedig vryheid van spraak aan en ‘n verskeidenheid standpunte word hier weergegee. Die menings van die gebruikers van vrouekeur.co.za is hul eie en nie noodwendig dié van Caxton Tydskrifte nie.
Interessante artikels
Meeste kommentaar
Klassieke Klanke: Felix Mendelssohn
Tussen 1829 en 1845 het Felix Mendelssohn (1809-1847), een van die vernaamste komponiste van die Romantiek, 'n reeks kort, liriese werke vir die...
Sudoku
Speel Sudoku
Klassieke klanke: Kristian Bezuidenhout
In Vrouekeur van 18 Maart skryf Johan Myburg oor die Suid-Afrikaans gebore fortepianis Kristian Bezuidenhout. Die inligting hier onder is aanvullend...
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms