Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

OLDENBURG VINEYARDS MAAK HUL EERSTE GRENACHE NOIR VAN BANGHOEK VRUGTE

Oldenburg Vineyards, die boetiek wynkelder in die Banghoek-vallei buite Stellenbosch, het 'n interessante toevoeging tot hul premium wynreeks - hul eerste Grenache Noir - aan gaste en media bekendgestel.

DEUR: Maryke Roberts
FOTO'S: Clifford Roberts
Gaste kon buiten die nuwe Grenache Noir 2014, ook die ander in die reeks proe en ook die nuwe Cabernet Franc 2013.
Gaste kon buiten die nuwe Grenache Noir 2014, ook die ander in die reeks proe en ook die nuwe Cabernet Franc 2013.

Die Oldenburg Vineyards Grenache Noir 2014 is die eerste wat eksklusief van Banghoek vrugte gemaak en gebottel is.

Die geleentheid is by die herehuis op die plaas gehou en sjef Craig Cormack en sy span het die informele braai om die swembad versorg. Gaste kon nie net die Grenache Noir 2014 proe nie, maar ook ander wyne in die reeks en die nuwe Cabernet Franc 2013.

Grenache Noir word oor die algemeen gereken as 'n druif wat beter in warm, binnelandse klimaatstoestande aard, wat die koeler hange van die Banghoek Vallei dus nie die voor-die-hand-liggend keuse vir dié druif maak nie. Maar Philip glo daar is 'n groter belangstelling in statige wyne met elegansie en dat dit spesifiek van toepassing is op druiwe soos Grenache Noir, wat 'n reputasie het om volronde, alkoholiese wyne te maak.

“Ons Grenache wingerde wat suid-wes front, is een van die hoogstes op die plaas - heelbo op die berg - wat dit koeler as meeste ander Grenache winderde in Suid-Afrika maak. Die vrugte word stadig - maar ten volle - ryp, wat ons toelaat om 'n geronde, maar elegante wyn teen 'n meer matige alkoholvlak te maak,” sê Philip.

Die Oldenburg Vineyards Grenache Noir 2014 is 20 maande in 300-liter Franse eikehoutvate verouder: 50% nuwe vate en die res tweede vul. Die resultaat is 'n stewige wyn met baie ryp bessievrug en 'n soutagtige-, aardse ondertoon. Subtiele tanniene en -speserye rond hierdie kosvriendelike wyn af.

Vir meer inligting oor Oldenburg Vineyards, besoek www.oldenburgvineyards.com

vk 2 kelin

Handelsmerk- en bemarkingsbestuurder, Anetha Volschenk, staan by Tokara se sommelier, Jaap-Henk Koelewijn en Maryna Strachan

vk klein

Sjef Craig Cormack wat die middagete vir die geleentheid berei het en wynmaker en besturende direkteur van Oldenburg Vineyards, Philip Costandius.

 vk 3 klein

Die herehuis op die plaas het pragtige uitsigte oor die vallei en gaste kon voor middagete in die swembad afkoel.

vk 4

Tinashe Nyamudoka, hoof-sommelier van The Test Kitchen, David Wibberley, verkoopsbestuurder van Oldenburg en Jason Steel, ook van The Test Kitchen.

Welkom by die Vrouekeur aanlyngemeenskap!

Vertel ons meer van jouself sodat ons aan jou behoeftes kan voldoen. Klik hier om ʼn vinnige, anonieme digitale meningsopname te doen.

Kommentaar
Wees eerste om kommentaar op die artikel te lewer.
Jy moet ingeskakel wees om kommentaar op die artikels te kan lewer. Indien jy nog nie 'n aanlyn-profiel het nie, kan jy hier een skep

Caxton Tydskrifte moedig vryheid van spraak aan en ‘n verskeidenheid standpunte word hier weergegee. Die menings van die gebruikers van vrouekeur.co.za is hul eie en nie noodwendig dié van Caxton Tydskrifte nie.
Interessante artikels
Meeste kommentaar
Oulike geskenkpakke van Amarula
Is jy op soek na die ideale geskenk vir ’n familielid, vriend of selfs ’n kollega? Kyk net watter oulike geskenkpakke bied Amarula nou aan.
LEES & STEM (Mei 2014) Hallo, Ma se kind
KLIK OP DIE STERRETJIES ONDERAAN DIE VERHAAL OM DIT TE BEOORDEEL. HOE BETER DIE VERHAAL, HOE MEER STERRETJIES MOET JY TOEKEN. JY MOET INTEKEN OM TE...
Kurt Darren se splinternuwe enkelsnit Saggies Praat
Luister na 'n uittreksel van Saggies Praat, Kurt Darren se nuwe enkelsnit.
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms