Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

KUIER OM 'N VUURPUT

Die Bands-gesin van Somerset-Wes het net voor die somer hul eie vuurput voltooi.

Saans as die kinders in die bed is, kuier vriende om die gesellige vuur en kyk hoe die maan en sterre opkom. Die vuurput is ideaal vir winter en somer en die wêreld se probleme word daar uitsorteer.

Vuurputte kan in verskeie vorms gebou word; uit sement en baksteen gemaak word, of as fokuspunt dien as jy ‘n vuurput deur ’n fynproewer-kunstenaar in vlekvrye staal laat maak.

As jy ’n vuurput oorweeg, hou die volgende in gedagte:

  • Besluit of dit draagbaar of ingebou gaan wees. Behalwe die koste, is daar ook die estetiese. Wil jy dit heeljaar deur sien elke keer as jy by die venster uitkyk, of wil jy dit bêre en uithaal wanneer jy dit nodig het. Draagbare vuurputte is gerieflik, want jy kan dit na ’n beskutte hoekie skuif as dit reën of as die wind te erg waai.
  • Kies ’n styl wat by jou huis pas. Dit help nie jou argitek of bouer het die huis met reghoeke ontwerp en jy kom gooi dit omver met ’n ronde vuurput nie. Vierkantige vuurputte het dikwels skerp hoeke wat nie ideaal is vir kinders nie. Hou ook die ratio in gedagte. Die put moenie jou tuin oorheers nie, dit moet eerder ’n ontwerp-element wees.
  • Besluit op die tipe “brandstof” wat jy wil gebruik. Gaan jy hout, gas, jel of parafien gebruik? Indien jy hout gaan gebruik, het jy ’n goeie stoorplek nodig sodat jou hout kan droog bly en as jy gas gaan gebruik, maak voorsiening vir die pype en gasbottel, sodat dit nie soos ’n seer oog uitstaan nie.
  • Jy kan nie sommer ’n vuurput enige plek oprig nie. Hou veiligheid in gedagte, kinders kan maklik seerkry as hulle op die baksteen- of klipmuurtjie gly en jy wil beslis nie jou buurman se boom aan die brand steek nie. Kies ’n oop ruimte weg van dakke, plante, bome en enigiets wat maklik kan vlamvat.
  • Onthou ook om jou vuurput te bedek as dit nie in gebruik is nie. Kies ’n stylvolle deksel of bedekking, wat nie by jou dekor afsteek nie.
Welkom by die Vrouekeur aanlyngemeenskap!

Vertel ons meer van jouself sodat ons aan jou behoeftes kan voldoen. Klik hier om ʼn vinnige, anonieme digitale meningsopname te doen.

Kommentaar
Wees eerste om kommentaar op die artikel te lewer.
Jy moet ingeskakel wees om kommentaar op die artikels te kan lewer. Indien jy nog nie 'n aanlyn-profiel het nie, kan jy hier een skep

Caxton Tydskrifte moedig vryheid van spraak aan en ‘n verskeidenheid standpunte word hier weergegee. Die menings van die gebruikers van vrouekeur.co.za is hul eie en nie noodwendig dié van Caxton Tydskrifte nie.
Interessante artikels
Meeste kommentaar
Op soek na vrygeselle
Is jy 20 jaar en ouer, ongetroud en nie verloof nie? Dan is jy dalk die volgende Bachelor of Bachelorette vir 2014!
Pieter Koen: Platjie met die warm hart
Moet nooit ophou droom nie, is die sanger, radio- en TV-aanbieder Pieter Koen se motto. Ná jare in die bedryf droom hy nou daarvan om sy eie liedjies...
Knysna die fliek betyds vir die Kersvakansie!
Knysna is die nuutste Afrikaanse romantiese komedie wat op 24 Desember in teaters landswyd begin draai.
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms