Vrouekeur - Nuutste Uitgawe Vrouekeur - Latest Issue

Nathan Dorian Bartman (24) is 'n boorling van Eersterivier, Kaapstad. Hy werk en woon nou al sedert 2015 in Londen, as 'n permanente lid van ACE Dance and Music se toergeselskap.

DEUR: CHRISTiAAN J DE SWARDT

Dié kunstegeselskap is al 20 jaar lank in Birmingham in die Verenigde Koninkryk gevestig en toer wyd in die buiteland.

Nathan het in Desember huis toe gekeer om weer die hoofrol in die Cape Dance Company se dansproduksie A Thousand Shepherds, met regie deur Debbie Turner, te vertolk.

Nathan het al in talle teaters in Suid-Afrika opgetree (Artscape, Baxter, Oude-Libertas) by die Grahamstad- en KKNK-kunstefeeste – en in die buiteland: onder meer in die Millenniumteater in Wallis, ook in San Francisco, New York en talle Europese teaters.

Hy peins oor die welstand van dans in Suid-Afrika. “Dis redelik gesond danksy die groep mense daarby betrokke. Ons ondersteun mekaar almal. Die enigste ongesonde deel is die gebrek aan geleenthede. Daar is nie genoeg mense wat die inisiatief wil neem om hul eie volhoubare projekte te begin en werk te skep nie. Die grootste uitdaging is die gebrek aan befondsing in die land vir dans.”

Nathan skep sy eie werk.

Hy het wel nie vanjaar 'n Europese Kersfees met sneeu kon ervaar nie, maar hy verruil die Kersfees van 2016 en die Nuwejaar onder die Afrika-son nie daarvoor nie. Dié tydjie tuis het hom opnuut aan sy kinderdae herinner: “My pa het pyp gerook en ek het kleintyd, wanneer hy nie daar was nie, die pyp opgetel en gemaak of ek dit rook. My ma was ‘n snaakse karakter. Sy sou dikwels verskonings maak sodat ek nie skool toe hoef te gaan nie en eerder tyd saam met haar kon deurbring. Ek mis hulle. Dit was goed om saam met familie, vriende en my meisie te kon kuier, te braai en tussendeur my optredes te ontspan. Nooit té veel nie, want jy moet gefokus bly. Ek is opnuut begeester om myself deurentyd te verbeter. Ek wil kan terugkeer Suid-Afrika toe om my vaardigheid en kennis met my mense te deel!”

Loer gerus na sy werk by: https://www.youtube.com/watch?v=N9mbUTTtJDs

Nathan se gunstelinge

  • Blou
  • As ‘n hond met blydskap “gesels” wanneer hy my sien.
  • Die reuk in die lug ná reën.
  • Lemoene, soesji, kaaskoek, sodawater met lemmetjiesap
  • Leeus, honde en katte
  • Die protea, Aloe Vera en ‘n geelhoutboom.
  • Ek geniet ‘n verskeidenheid musiekstyle en kunstenaars Die Antwoord, Michael Jackson en The Two Cellos.
  • Die fliek 42 Ronin, geregisseer deur Keanu Reeves. My gunsteling-akteur is Dwanye “The Rock” Johnson
  • Ek is versot JK Rowling se Harry Potter-boeke.
  • Trevor Noah se The Daily Show
  • Amanda Baldwin se choreografie van The Ocean
  • Sokker, Christiano Ronaldo en FC Barcelona

 

Welkom by die Vrouekeur aanlyngemeenskap!

Vertel ons meer van jouself sodat ons aan jou behoeftes kan voldoen. Klik hier om ʼn vinnige, anonieme digitale meningsopname te doen.

Kommentaar
Wees eerste om kommentaar op die artikel te lewer.
Jy moet ingeskakel wees om kommentaar op die artikels te kan lewer. Indien jy nog nie 'n aanlyn-profiel het nie, kan jy hier een skep

Caxton Tydskrifte moedig vryheid van spraak aan en ‘n verskeidenheid standpunte word hier weergegee. Die menings van die gebruikers van vrouekeur.co.za is hul eie en nie noodwendig dié van Caxton Tydskrifte nie.
Interessante artikels
Meeste kommentaar
Brei: Veelsydige tjalie
Hierdie tjalie is maklik om te brei en jy kan dit op verskeie maniere dra
Mens of monster?
Carla van der Spuy se splinternuwe boek, Mens of monster, is dié maand op die rakke. In die boek gesels sy met misdadigers en misdaadkenners. Hier...
Suid-Afrika se top-tien-Chenins bekroon
Egte vrug, meer tekstuur, beter samestelling, veelsydig en verskuiwende grense is sinoniem met Chenin Blanc.
LEES & STEM (Maart 2015): Vat so, jou feeks
Ek het nog altyd ’n hekel daaraan gehad as dit kom by onregverdigheid op die sportveld. Soos die spreekwoord lui, het elke wedstryd sy beserings, maar...
LEES & STEM (Januarie 2015): Die cowboy
Ons woon hier op ’n plaas in die Weste, die beste Weste, eintlik die Noordweste.
LEES & STEM (April 2015): Die agterstallige paaiement
In elke winkel is die poppe snoesig en warm geklee met bypassende stewels en ’n handsak. Die pop in die een vertoonvenster trek onmiddellik Lulu se...
© 2017 www.vrouekeur.co.za | Alle regte voorbehou | Developed By Digital Platforms