Brei ’n maklike trui vir ’n seun

Foto: Vrouekeur – Elmarie Knapton

Brei ’n maklike trui wat ’n seun van 1 jaar tot 12 jaar sal pas

Deur Christa Swanepoel

Wat het jy nodig?

  • ELLE PURE GOLD DK (100 g) 3 (4; 5; 6; 7; 7) balle in Midnight (A) en 1 bal in Lily (C)
  • 1 bal ELLE FAMILY KNIT (50 g) inTwo Oceans (B)
  • 3,25 mm- en 4 mm-naalde

Mate

Pas 1–2(3–4;5–6;7–8;9–10;11–12) jaar

LEES OOK: Brei ’n maklike en gemaklike trui

Spanning

22 ste en 30 rye = 10 cm oor koussteek met 4 mm-naalde

Patroonsteek

(Veelvoud van 3 plus 1, plus 1 randst weersk) 1ste, 3de, 9de en 11de ry: r. 2de, 4de, 8ste, 10de en 12de ry: aw. 5de ry: r2, *aw2, r1, herh van * en eindig met r1. 6de ry: aw1, *r1, aw2, herh van * en eindig met r1, aw1. 7de ry: r1, aw1, *r2, aw1, herh van * en eindig met r1. Herh 1ste tot 8ste ry.

Afkortings

adl – agter deur lus alt – alternatiewe aw – aweregs beg – begin herh – herhaal ks – koussteek oorbl – oorblywende pat – patroon r – regs R(V)K – regte(verkeerde) kant R(V)KV – regte(verkeerde) kant voor st(e) – steek(steke) tes – tesame vmin – verminder vmeer – vermeerder vlg – volgende

Aanwysings

Agterpant
Met 3,25 mm-naalde en A stel 72(78; 84; 90; 96; 102) ste op. Werk 10 rye in 2×2-rif soos volg: 3 rye A, 2 rye C, 2 rye A, 2 rye C, 1 ry A. Met 4 mm-naalde begin met pat en gaan voort tot agterpant 35(40; 45; 50; 55; 60) cm lank is, eindig met VK-ry.

Skouervorming
Heg 12(13; 14; 15; 16; 18) ste aan beg van vlg 2 rye af. 48(52; 56; 60; 64; 66) ste. Heg 13(14; 15; 15; 17; 18) ste aan beg van vlg 2 rye af. 22(24; 26; 30; 30; 30) ste. Heg af.

Voorpant
Werk soos gegee vir agterpant tot vier patroonstroke voltooi is, eindig met 4de ry. Werk in pat en kleurstrepe soos volg: werk patrif in A, een ks-deel in C, patrif in A, ks-deel in B, patrif in A, ks-deel in C, gaan voort met A, TERSELFDERTYD as werk 29(34; 39; 42; 47; 52) cm lank is, eindig met VK-ry en verdeel vir halsvorming soos volg: Vlg ry: pat 31(33; 35; 38; 42; 45), draai, laat oorbl 43(45; 49; 52; 54; 57) ste op steekhouer. Werk slegs oor hierdie 31(33; 35; 38; 42; 45) ste gaan soos volg voort: Werk 6(6; 6; 8; 8; 9) rye, vmin 1 st aan nekrand in elke ry. 25(27; 29; 30; 34; 36) ste. Gaan voort sonder om te vorm tot voorpant 35(40; 45; 50; 55; 60) cm lank is, eindig met VK-ry.

Skouervorming
Vlg ry: heg 12(13; 14; 15; 16; 18) ste in pat af, pat tot einde. 13(14; 15; 15; 17; 18) ste. Heg af. Met RKV werk oor oorbl 43(45; 49; 52; 54; 57) ste, gl 12(12; 14; 14; 12; 12) ste op steekhouer, heg draad aan oorbl 31(33; 35; 38; 42; 45) ste en pat tot einde. Vlg ry: pat. Werk 6(6; 6; 8; 9; 9) rye, vmin 1 st aan nekrand in elke ry. 25(27; 29; 30; 33; 36) ste. Gaan voort sonder op te vorm tot voorpant 35(40; 45; 50; 55; 60) cm lank is, eindig met RK-ry.

Skouervorming
Vlg ry: heg 12(13; 14; 15; 16; 18) ste in pat af, pat tot einde. 13(14; 15; 15; 17; 18) ste. Vlg ry: pat. Heg af.

LEES OOK: Brei ’n fraai kombers

Moue (dieselfde )
Met 3,25 mm-naalde en A stel 39(42; 42; 48; 52; 54) ste op en werk in 2×2-rif in kleurvolgorde soos agterpant. Met 4 mm-naalde begin met pat en vmeer 1 st aan weersk van 5de en elke vlg 6(7; 6; 6; 8; 7)e ry tot 57(52; 62; 64; 78; 84)ste, werk vmeer st in pat.

Vir slegs 2de, 3de en 4de grootte
Vmeer 1 st aan weersk van elke vlg 8ste ry tot (60; 66; 76) ste, werk vmeerst in pat.

Vir al 6 groottes
Gaan voort sonder om te vorm tot mou 24(29; 33; 37; 41; 43) cm lank is of lengte verlang eindig met VK-ry. Heg af.

Nekband
Werk regterskouernaat toe. Met RKV en 3,25 mm-naalde en A tel op en r18(18; 18; 24; 24; 23) ste eweredig oor linkerkant van nek, 11(13; 13; 13; 13; 13) ste oor voorkant van nek, 18(18; 18; 24; 24; 23) ste eweredig oor regterkant van nek en 23(25; 25; 29; 29; 31) ste oor op steekhouer aan agterkant van nek. 70(74; 74; 90; 90; 90) ste. Werk 16 rye in 2×2-rif. Heg lossies in rif af.

Om te voltooi

Werk linkerskouernaat toe. Vou moue lengtegewys in helfte, plaas vou op skouernaat en werk in posisie vir ongeveer 13(14; 15; 17; 18; 19) cm van bokant van skouer. Werk sy- en mounate toe. Vou nekband in helfte na VK en werk lossies met glipsteek in posisie.

Wenke

  • Los kleurstrepe uit
  • Brei kleurstrepe in soos verkies

Send this to a friend