Kouse vir kleinstes

kouse_vir_kleinstes
Hier is drie baie maklike, mooi patrone vir klein mensies

 

DEUR: CHRISTA SWANEPOEL
FOTO’S: ELMARIE KNAPTON

Stilering Karen Adendorff

Brei-inligting

Die gemiddelde voetgrootte van babas en peuters

0–6 mde = 10,5 cm

6–12 mde = 12 cm

12–18 mde = 13,5 cm

18–24 mde = 14,5 cm

2–3 j = 16 cm

Skoentjies se aanwysings is vir ongeveer 12–18 mde. Pas lengte en breedte aan volgens voetgrootte.
Pas dit soos volg aan:
Lang kousies: Maak rifgedeelte veelvoud van 4 ste meer en brei deel ná rif so lank soos verkies.
Skoene met tossel: die breedte van die vierkant sal ook die lengte van die skoentjie wees. As die voetjie 16 cm is, moet jy ’n vierkant van 16 cm x 16 cm brei.
Skoene met komberssteekrand: meet breedte en lengte van voetjie en brei reghoek daarvolgens. Brei nog twee ewe groot reghoeke vir bokant. Die breiwerk rek en kan dus effens kleiner gebrei word as voetgrootte.

Wat het jy nodig?

1Skoene met komberssteekrand 1 bal ELLE Kidz DK in Periwinkle Klein stukkie bypassende DK-breidraad 4 mm-naalde
2 Skoene met tossel 1 bal ELLE Family Knit DK in Crocus Klein stukkies DK-breidraad 4 mm-naalde
3Lang kousies 1 bal ELLE Sock Wool in Chino 2,75 mm- en 3,25 mm-naalde

Afkortings

2×2-rif: 1ste ry: *r2, aw2, herh van * tot einde. 2de ry: regs r-ste en aweregs awste. Herh 1ste en 2de rye. dms – dubbele mossteek 1ste ry: *r2, aw2, herh van * tot einde. 2de ry: regs r-ste en aweregs aw-ste. 3de ry: aweregs r-ste en regs aw-ste. 4de ry: regs r-ste en aweregs aw-ste. Herh 1ste tot 4de rye. ks – koussteek 1ste ry: r. 2de ry: aw. Herh 1ste en 2de rye. ms – mossteek 1ste ry: *r1, aw, herh van * tot einde. 2de ry: regs aw-ste en aweregs r-ste. Herh 1ste en 2de rye. r – regs rs – reksteek (elke ry regs)

1 Skoene met komberssteek (6 reghoeke)

Met 4 mm-naalde stel 6 ste op en werk in ks vir 12 cm. Heg af.

Om te voltooi

Sit een reghoek neer vir sool. Werk twee reghoeke se kort punte aan mekaar – naat kom op hak agter. Werk boonste lang rand met bypassende breidraad met komberssteek om. Werk ongewerkte sy van hak af na voor vas en werk kort punt plat op sool se toongedeelte vas. Doen dieselfde met ander helfte en vou oor vorige toongedeelte. Werk komberssteek of rygsteek al om soolrand (opsioneel).

2 Skoene met tossel (maak 6)

Met 4 mm-naalde stel 25 ste op. Werk in ms vir 37 rye (tot dit vierkantig is). Heg af.

Om te voltooi

Werk twee vierkante op mekaar vas. Vou derde vierkant in driehoek en werk vas. Vou vierkant se punt en twee sye se punte na binne en werk vas (sien foto). Werk driehoek se punt aan soolpunt agter en skuins sye langs sy op tot waar vierkant se punte bymekaarkom. Maak tosseltjies en werk bo-op vas (opsioneel).

3 Lang kousies (maak 2)

Met 2,75 mm-naalde stel 36 ste op. Werk in 2×2-rif vir 14 rye, eindig met aw-ry. Met 3,25 mm-naalde gaan voort in dms tot kousie 18 cm lank is, of lengte verlang, eindig met aw-ry. Vorm punt soos volg 1ste ry: *r4, r2tes, herh van * tot einde. 2de ry: *aw2tes, aw3, herh van * tot einde. 3de ry: *r2, r2tes, herh van * tot einde. 4de ry: *aw2tes, aw1, herh van * tot einde. 5de ry: r2tes tot einde. Breek draad af, ryg deur oorbl ste, trek styf en werk vas.

Om te voltooi

Werk naat toe.

kouse

Lees ook dié

Filmverse wen in Weimar!

Deel Twiet Pin Print E-posWHAT ABOUT THE LAW deur Charles Badenhorst, na die gedig van Adam Small, is aangewys as die wenner van die Jurieprys ...

Send this to a friend