Hekel dié baie gewilde chevron-kombers

0

Baie lesers het vir die spesifieke komberspatroon gevra en hier is dit nou! Ons modelletjie het dit by haar ma se tannie, Gerda Honiball, gekry wat dit vir haar gehekel het toe sy gebore is.

Klik hier vir die Engelse patroon

Gebruik enige dikte breidraad. Lees net op verpakkingsmateriaal watter dikte hekelnaald jy moet gebruik. Met DK-breidraad is een herhaling sowat 8 cm.

Afkortings

gpe – groepe

gs – glipsteek

herh – herhaal

ks – kettingsteke

ks-sp – kettingsteekspasie

lb – langbeen

vlg – volgende

 

Aanwysings

Maak ʼn ry kettingsteke in veelvoud van 12 plus 9 so breed as wat jy jou kombers wil hê.

1ste ry: 2 ks, 1 lb in 3de ks van naald af en in elke ks tot einde.  (Maak seker dis veelvoud van 12 plus 9 lb.)

2de ry: 2 ks (tel as lb), 2 lb in 1ste lb, *slaan 1 lb oor, 3 lb in vlg lb, slaan 1 lb oor, (3 lb, 3 ks, 3 lb) in vlg lb, slaan 1 lb oor, 3 lb in vlg lb, slaan 1 lb oor, 3 lb in vlg lb, slaan 3 lb oor, 3 lb in vlg lb, herh van * tot laaste 8 lb,  slaan 1 lb oor, 3 lb in vlg lb, slaan 1 lb oor, (3 lb, 3 ks, 3 lb) in vlg lb, slaan 1 lb oor, 3 lb in vlg lb, slaan 1 lb oor, 3 lb in laaste lb.

3de ry: gs tot tussen 1ste lb-groepe, 2 ks, 2 lb in dies sp, 3 lb tussen vlg lb-gpe, *(3 lb, 3 ks, 3 lb) in 3 ks-sp, (3 lb tussen vlg lb-gpe) 2 keer, slaan 2 lb-gpe oor, (3 lb tussen vlg lb-gpe) 2 keer, herh van * en eindig met (3 lb, 3 ks, 3 lb) in 3 ks-sp, (3 lb tussen vlg lb-gpe) 2 keer.

Herh 3 de ry en wissel kleure af soos verkies tot lengte verlang.

 

kombers

Lees ook dié

Send this to friend