Hekel ‘n Oosterse kussing

Foto: Vrouekeur – Elmarie Knapton

Gebruik hekel-, vilt- en borduurwerk om ’n pragtige Oosterse kussing te skep

Deur KAREN ADENDORFF

Moeilikheidsgraad: *

Benodigdhede

  • Mystique- gespinde 100% merinowol (100 g-balle): 1 bal elk in persblou, pienk en bruin (aanlyn beskikbaar by www.yarninabarn.co.za)
  • 4 mm-hekelpen
  • Stomppuntnaald met groot oog
  • Goue borduur- of hekelgare
  • Borduurnaald
  • 50 cm-katoenmateriaal
  • 25 cm-ritssluiter
  • 1,25 cm-gordynkoord
  • Binnekussing
  • Algemene naaldwerkbenodigdhede

Grootte

Ongeveer 33 cm in deursnee

Afkortings

beg – begin dies – dieselfde gs – glipsteek h/af – heg af herh – herhaal kb – kortbeen ks – kettingsteek lb – langbeen rdte – rondte sp – spasie Spykersteek – steek pen in volgende steek, slaan draad oor pen en trek lus na voor op en voltooi die steek soos normaal. st – steek tes – tesame vlg – volgende

LEES OOK: Heke ‘n veelkleurige vloerkussing

Aanwysings

Sirkel Met 4 mm-pen en blou, hekel 5 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 3 ks, 15 lb in ring, gs in bokant van 3 ks = 16 lb.
2de rdte: met pienk: 3 ks, 1 lb in dies st, 2 lb in elke lb tot einde, gs in bokant van 3 ks = 32 lb.
3de rdte: met blou: 1 ks, *1 kb in vlg 3 lb, 1 spykerst (in rdte 1) in vlg lb, herh van * tot einde, gs in beg-ks = 32 ste.
4de rdte: met bruin: 3 ks, 2 lb in vlg st, *1 lb in vlg st, 2 lb in vlg st, herh van * tot einde, gs in bokant van 3 ks = 48 ste.
5de rdte: met pienk: 3 ks, 1 lb in dies st, 1 lb in vlg lb, 2 ks, slaan 2 lb oor, *2 lb in vlg lb, 1 lb in vlg lb, 2 ks, slaan 2 lb oor, herh van * tot einde, gs in bokant van 3 ks = 60 ste.
6de rdte: met blou: 1 ks, *1 kb in vlg 3 lb, 2 spykerste in 2 ks-sp (in rdte 4), herh van * tot einde, gs in beg-ks = 60 ste.
7de rdte: 1 ks, *1 kb in vlg 3 ste, 1 kb in elk van die vlg 2 ste, herh van * tot einde, gs in beg-ks = 60 ste.
8ste rdte: met pienk: 1 ks, *1 kb in vlg kb, 1 spykerst (in rdte 6) in vlg kb, herh van * tot einde, gs in beg-ks = 60 ste.
9de rdte: met bruin: 1 ks, *1 kb in vlg 2 ste, 2 kb in vlg st, herh van * tot einde, gs in beg-ks = 80 ste.
10de rdte: 3 ks, 1 lb in vlg en in elke st tot einde, gs in bokant van 3 ks = 80 ste.
11de rdte: met pienk: 1 ks, *1 kb in vlg 3 lb, 2 kb in vlg lb, 1 lb in vlg 3 lb, 2 lb in vlg lb, herh van * tot einde, gs in beg-ks = 100 ste.
12de rdte: met blou: 3 ks, 1 lb in vlg 4 kb, 1 kb in vlg 5 lb, *1 lb in vlg 5 kb, 1 kb in vlg 5 lb, herh van * tot einde, gs in bokant van 3 ks = 100 ste.
13de rdte: met pienk: 3 ks, 1 lb in vlg lb en in elke st tot einde, gs in bokant van 3 ks = 100 ste.
14de rdte: met bruin: 3 ks, 1 lb in vlg 4 lb, 2 lb in vlg lb, *1 lb in vlg 5 lb, 2 lb in vlg lb, herh van * tot einde, eindig met 1 lb in laaste 3 lb, 2 lb in laaste lb, gs in bokant van 3 ks = 117 ste.
15de rdte: met blou: 3 ks, 1 lb in elke lb tot einde, gs in bokant van 3ks = 117 ste.
16de rdte: met pienk: 5 ks, slaan 1 lb oor, *1 lb in vlg lb, 2 ks, slaan 1 lb oor, herh van * tot einde, 1 lb in laaste lb, gs in bokant van 3de ks van 5 ks.
17de rdte: met blou 1 ks, *1 kb in vlg lb, 1 spykerst (trek 2 lusse en sluit met kb) oor 2 ks-sp in rdte 15, herh van * tot einde, 1 kb in laaste lb, gs in bokant van beg-ks = 117 ste.
18de rdte: 1 ks, *1 kb in vlg 4 ste, 1 ks, slaan 2 ste oor, 7 lb in vlg st, 1 ks, slaan 2 ste oor, herh van * tot einde, eindig met gs in 1ste kb.
19de rdte: met pienk: 3 ks, 1 lb in dies st, 1 lb in vlg 2 kb, 2 lb in vlg kb, 1 ks, 2 lb tes oor vlg 2 lb, 1 kb in vlg 3 lb, 2 lb tes oor vlg 2 lb, 1 ks, *2 lb in vlg kb, 1 lb in vlg 2 kb, 2 lb in vlg kb, 1 ks, 2 lb tes oor vlg 2 lb, 1 kb in vlg 3 lb, 2 lb tes oor vlg 2 lb, 1 ks, herh van * tot einde, gs in bokant van 3 ks.
20ste rdte: met bruin: 3 ks, 1 lb in elke st en in elke ks-sp tot einde, gs in bokant van 3 ks. H/af.

LEES OOK: Hekel dié baie gewilde chevron-kombers

Afwerking

Werk alle los drade weg.
Vilt die sirkel as volg:

  • Was dit in die wasmasjien op die warmste stelling of plaas die sirkel tussen twee lae borrelplastiek met ’n bietjie warm water en skottelgoedseep en vryf die sirkel totdat die steke vilt of nie meer duidelik individueel sigbaar is nie.
  • Spoel uit en laat goed droog word.
  • Gebruik die goue draad en borduurnaald en borduur met agtersteke, Franse knopies en stersteke soos verkies.
  • Plaas die sirkel op die katoenmateriaal en knip reg rondom uit, maar reken ’n 1 cm-naattoelating reg rondom in. u Vou die uitgeknipte sirkel in die helfte en knip twee helftes hiervolgens uit. Reken weereens 1 cm-naattoelating aan die reguit sy in.
  • Sit die ritssluiter tussen twee halwe sirkels in. Maak die ritssluiter effens oop sodat kussing later omgedop kan word.
  • Stik die viltsirkel bo-op die materiaalsirkel vas.
  • Stik die koord reg rondom vas, maar maak seker die tossels lê na binne toe. Indien jy ’n gewone koord gebruik, kan jy dit met die hand aan die voltooide kussing vaswerk.
  • Plaas die ritssluitersirkel bo-op die viltsirkel met regte kante opmekaar.
  • Stik ’n 1 cm-soompie reg rondom.
  • Dop die kussing deur die ritssluiteropening om.
  • Plaas binnekussing in.

Send this to a friend