Dít kan demensie dalk keer

’n Studie sê daar is lewenstylveranderinge wat jou kanse vir demensie kan verminder

Deur: ZERELDA ESTERHUIZEN

Een in drie gevalle van demensie kon voorkom geword het as mense na hul breingesondheid omgesien het, sê navorsers. Dit is volgens ‘n internasionale studie deur Lancet.

Nege lewenstylfaktore is in die Alzheimer’s Assocation International Conference in Londen genoem.

Teen 2050 sal 131 miljoen mense aan hierdie siekte ly terwyl daar nou na beraming 47 miljoen lyers is.

LEES OOK: Die 10 tekens van alzheimersiekte

Prof Gill Livingston van die University College London sê hoewel demensie later in iemand se lewe gediagnoseer word, begin die veranderinge in die brein reeds jare voor die diagnose.

As mense vroeg genoeg optree, kan dit hul kanse verbeter om dit nie te kry nie.

Hierdie faktore het tot demensierisiko bygedra:

  • Gehoorverlies in die middeljare – 9%
  • Mense wat nie hoërskool voltooi nie – 8%
  • Rook – 5%
  • Depressie – 4%
  • Fisieke inaktiwiteit – 3%
  • Sosiale isolasie – 2%
  • Hoë bloeddruk – 2%
  • Oorgewig – 1%
  • Tipe- 2-diabetes – 1%

Volgens die navorsers kan dit jou baat om te oefen, ‘n gesonde gewig te handhaaf en hoë bloeddruk en diabetes te behandel.

Bronne: Lancet Kommissie op Demensievoorkoming, Intervensie en Sorg, www.bbc.com

Send this to a friend