Natuurlike kure vir hoofpyn

Ken jy die kloppende pyn van ’n kopseer? Hier is ’n paar natuurlike wenke om dit te verlig

Deur ZERELDA ESTERHUIZEN

  1. Drink baie water.
  2. Eet waatlemoen.
  3. Druk ys teen jou slape.
  4. Drink ‘n koppie koffie.
  5. Masseer jou slape met pepermentolie.
  6. Eet branderige kos. Cayennepeper stimuleer jou liggaam se sirkulasie en kan ‘n hoofpyn verlig. ‘n Mens kan glo ½ t in kos of water inneem.
  7. Drink ‘n koppie gemmertee.
  8. Verhoog jou magnesiuminname deur ‘n aanvulling te neem of meer vesel te eet. Dit is in kos soos boontjies, volgrane, sade, neute en groente soos broccoli en blaargroentes.
  9. Vat ‘n detoksbad. Voeg ‘n koppie koeksoda by warm water of voeg essensiële olie soos laventel, sitroengras of peperment by die water. Jy kan ook 2 k appelasyn by warm water voeg om suur uit die liggaam te kry en so die kopseer te verlig.
  10. Omdat vlassade soveel omega-3’s bevat, kan dit ook glo help vir hoofpynverligting.
  11. Maal kaneelstokkies in ‘n poeier en voeg ‘n bietjie water daarby om ‘n pasta te vorm. Smeer dit aan jou voorkop en slape en lê vir ‘n halfuur.
  12. Doen ‘n paar strekke. Beweeg jou ken op- en afwaarts, links en reg en buig jou nek af na jou skouers. Jy kan ook jou nek stadig in kloksgewyse en antikloksgewyse rigting buig.
  13. Sit ‘n yspak op die agterkant van jou nek en week jou voete in warm water. Jy kan ‘n bietjie warm mosterdpoeier by die water voeg.
  14. Maak naeltjies fyn en sit dit in ‘n sakkie of lappie. Asem die reuk van die naeltjies in. Jy kan ook 2 druppels naeltjie-olie met 1 eetlepel klapperolie en seesout meng en jou voorkop en slape daarmee masseer.
  15. Sit 3–4 vars basiliekruidblare in ‘n koppie kookwater en laat dit prut. Voeg ‘n bietjie heuning by en teug stadig aan die tee. Jy kan ook vars basiliekruidblare kou of die stoom van ‘n pot basilietee inasem.

BRONNE: http://food.ndtv.com, https://draxe.com; www.everydayhealth.com

Send this to a friend