6 iPhone truuks waarvan jy nie geweet het nie

Ons gebruik ons iPhones elke dag, maar jy mag dalk verbaas wees om uit te vind dat daar ’n handvol truuks is wat dit kan verrig waarvan jy nie eens geweet het nie.

Apple Doctor deel ’n paar wenke – het jy dit alles geweet?

1. Sakrekenaar uitveër truuk

Raak wys met hierdie sakrekenaar wenk – het jy geweet jy kan die laaste nommer op jou sakrekeneaar skerm laat verdwyn met ‘n vinger vee?

Probeer gou – instede daarvan om die hele ry nommers te verwyder as jy ‘n fout gemaak het, vee bloot net van links na regs oor die laaste nommer en voilà – dit verdwyn soos mis voor die son!

En het jy geweet dat jou rekenaar in ‘n wetenskaplike sakrekenaar verander as jou iPhone op die sy draai word?

2. Panoramiese foto-oriëntering

Ons weet hoe vervullend dit is as mens ‘n pragtige panoramiese foto vasvang in ‘n asemrowende landskap. Maar wat as die lig of rigting net nie 100% reg is vir die huidige posisie nie?

Swaai bloots die oriëntering van jou foto om deur aan die geel lyntje op jou skerm te klik wanneer jou foon in panoramiese foto stelling is – die beginpunt van jou foto verander dadelijk om van links na regs om jou beter in staat te stel om die perfekte foto te neem!

3. Skud jou probleme weg!

‘n Lang boodskap getik en skielik besluit jy wil dit nie meer stuur nie? Geen probleem! Gee jou iPhone ‘n vinnige skud om jou boodskap te laat verdwyn. So eenvoudig soos dit!

4. Moenie steur nie

Almal kort so nou en dan ‘n bietjie tyd tot hulself. Stel jou “Do Not Disturb” funksie op jou foon vir ‘n welverdiende en gebruiker-beheerde wegbreek. Jy kan óf gaan na Settings > Do Not Disturb > Manual óf vee bloot jou beheerpaneel op van die onderkant van jou tuis skerm en klik op die ikoon.

Hierdie funksie laat jou toe om geen oproepe of teksboodskappe te ontvang tydens aktivering nie. Jy kan die funksie ook stel vir spesifieke tye van die dag – onthou net dat oproepe van jou “favourites” / gunstelinge nie tydens aktivering gedemp sal word nie.

En, sou jy wou, kan jy kies om herhaalde oproepe van dieselde persoon deur te laat – ‘n tweede oproep binne 3 minute van dieselfde nommer sal nie gedemp word nie.

5. Waterpas

Akkuraatheid is alles. Om rame of portrette op die muur te hang kan onnodiglik stresvol wees! Ons kan daarsonder, dankie.

Het jy geweet jou iPhone het ‘n ingeboude waterpas? Hierdie funksie kom handig te pas in ‘n paar scenario’s – gaan eenvoudig na jou kompas app, vee na die linkerkant en sien hoe die gebruikerskoppelvlak verander van kompas na waterpas.

Die skerm vertoon groen en wit wanneer jy die perfekte 0° waterpas vlak tref, maar is andersins swart en wit. En bo en behalwe dit, werk dit horisontaal, vertikaal of plat – afhangende van wat jy benodig!

6. Verleng jou battery lewe

Batterye het ‘n beperkte leeftyd, maar ons kan jou help met ‘n paar eenvoudige wenke om die beste uit jou battery te kry vir so lank as moontlik.

  • Hou jou “lae battery funksie” die heeltyd aan, nie net wanneer dit tydens die 20% battery krag-waarskuwing aktiveer nie.
  • Hou jou iOS konstant op datum – dit kan help met jou battery leeftyd, veral met die iPhone 6/6s en Plus.
  • Hou ‘n oog op battery honger apps om uit te vind wie die grootste oortreders is. Gaan na Settings > Battery en rol af om te sien watter van jou apps die grootste battery eters was die afgelope 24 uur óf laaste 7 dae.
  • Hou jou skerm se helderheid so laag as moontlik, maar steeds bruikbaar.

Bly op hoogte van die nuutste wenke, winskope en verwikkelinge deur Apple Doctor se sosialemedia hier te volg:

Facebook, Twitter, Instagram

 

Send this to a friend