Kruie en hul gebruike

0

Al ooit gewonder watter kruie werk saam met watter kos? 

BASILIEKRUID Hoendergeregte, vleisstowegeregte, met tamaties, pesto, slaaie, visgeregte

BERGAMOT Blare en blomme in slaaie, blare in varkvleisgeregte

DILLE Aartappelslaai, komkommerslaai, piekels, visgeregte

DRAGON Asyn, gebraaide hoender, gegeurde botter, gestoomde groente

KAMILLE Eetbare blomme in slaai, gedroog in kruietee

KERWEL Eierdisse, groente, sop, vis

KOLJANDER Kerrie, saad in kerrie en stowegeregte, salsas, vars blare in gegeurde geregte

KOMYN Groentegeregte, kerrie

MARJOLEIN Griekse geregte, stowegeregte, vulsels (veral saam met kruie soos tiemie en salie)

ROOSMARYN Hoender, kleinkoekies, gebraaide lamsvleis, roomys, skons

SALIE Eend, varkvleis, vulsels

SITROENGRAS Infusie vir souse en room, vir sout en soet geregte (verwyder voor opdiening), in kruietee

SITROENVERBENA Blomme in slaai, in kruietee

TIEMIE Bouquet garni, glanswortels, kapokaartappels

VINKEL Slaai, visgeregte, vulsel vir forel

kruie

Lees ook dié

Jou tiener: behoefte vs begeerte

Leer jou tiener om tussen behoeftes en begeertes te onderskei Anneke Louw • Ons loer na tieners en materialisme in ons 31 Julie-uitgawe. Laai die ...