|
250 g (½ blok) botter 125 ml (½ k) strooisuiker 125 ml (½ k) geelsuiker 1 eier 5 ml (1 t) vanielje 2½ k koekmeel 187 ml (¾ k) vlapoeier 2,5 ml (½ t) bakpoeier 5 ml (1 t) koeksoda knypie sout VERSIERSEL 60 ml (4 e) botter 75 ml (5 e) versiersuiker, gesif
Stel oond op 180 °C. 1. Room botter en suiker tot liggeel en romerig. 2. Klits eier en vanielje en roer by bottermengsel. 3. Sif meel, vla, bakpoeier, koeksoda en sout en roer by bottermengsel tot deeg vorm. 4. Rol in balletjies. Sprinkel koekmeel in hande as deeg aan in hande vassit. 5. Plaas koekies redelik ver uitmekaar op bakplaat wat met bakpapier gevoer is. 6. Bak vir 15 min. of tot goudbruin. 7. Laat eenkant tot heeltemal afgekoel. 8. Versiersel: Room botter tot liggeel. Voeg versiersuiker bietjiesgewys by en klits tot goed gemeng. 9. Smeer versiersuiker tussen twee koekies.
Vir enige navrae of afskrifte van resepte uit vorige uitgawes wat nie op ons webblad is nie, bel asseblief (011) 293-6101. |
|