Bel Caxton Tydskrifte by
011 293 6000
011 889 0600 of klik hier
om na die webtuiste te gaan.
Subscription queries: 011 473 8700
Resep om van kokkerotte ontslae te raak
Hierdie resep, wat kokkerotte uit Habikino City in Osaka uitgeroei het, is steeds net so doeltreffend en goedkoop, as tóé.
BESTANDDELE
250 g boorsuur-*poeier (boric acid)
200 g vars uie, sonder water verpulp en versap
20 g styselpoeier
25 g (5 t) poeiermelk
20 g koekmeel
30 g suiker
1. Meng alles saam in ’n plastiekbak. 2. Sprei ‘n ou koerant in die motorhuis of op jou stoep oop en gooi die nat mengsel vroeg in die aand daarop uit. Laat dit deur die nag staan. 3. Maak die volgende oggend vingernaelgrootte balletjies van die pasta wat jy op die koerant aantref. 4. Plaas die balletjies oral waar jy al kokkerotte gesien het, maar veral by die skottelgoedwasbak, by rioolopeninge en in jou kruidenierskaste. 5. Drie tot sewe dae later is daar geen kokkerot in jou huis oor nie. Wenk: Deel hierdie resep met jou bure. Só maak jy ‘n groter area kokkerotvry.
Belangrik om te weet*
Boorsuur (Boric Acid) en Boraks (Borax) is nie dieselfde ding nie. Boraks is Na2B4O7-10H2O en Boorsuur is H3BO3.
Boraks kan as plaasvervanger vir boorsuur in die resep gebruik word, maar is nie so 100 % doeltreffend soos boorsuur nie.
NB! Boraks is geheel en al taboe vir menslike gebruik. Daar word beweer dat die inname van 56 g boraks ’n volwassene se dood kan veroorsaak. Hou die balletjies wat as kokkerot-dehidreermiddel gestrooi word, buite bereik van kinders.
Vul asb u e-posadres in om in te teken op ons nuusbrief