10 goed wat jy MOET probeer as jy verveeld is met jou grimering

10-goed-grimering-verveeld

Foto: www.pexels.com

Is jy verveeld met jou grimering? Ons het 10 oplossings vir jou!

10 Goed wat jy MOET probeer as jy verveeld is met jou grimering:

  1. Verander die gewone rokerige-oog met ʼn tikkie glinsterstof. Rond jou oë af met ʼn oogskadu in ʼn metaal skakering.
  2. Doen ʼn “kat-oog” maar met ʼn helder kleur oogomlyner in plaas van die gewone swart.
  3. Moenie bang wees om kleure te meng wat nie noodwendig “saam gaan” nie. Gebruik pienk en blou oogskadu en omlyner, en dalk ʼn bietjie koper êrens. Moenie te veel meng nie sodat die kleure apart uitstaan!

LEES OOK: Maak grimering wat gebreek het só reg

Lippe

  1. Bessie-lipkleure ly pragtig in die winter. Helder jou lipkleur op met só ʼn skakering.
  2. Kies ʼn rooi lipstif ʼn paar skakerings donkerder as wat jy aan gewoond is. Die effek sal jou verstom!
  3. Of kies ʼn lipkleur waaraan jy glad nie gewoond is nie! Dink blou, pers of groen – ja, hulle is almal nou in die kol en wyd beskikbaar.

LEES OOK: Hoe skoon is jou grimering?

Gesig

  1. Probeer ʼn nuwe kleur blosser. Perske en rooskleurige blossers is helderder as die standaard en sal ʼn groot verskil maak as jy gewoonlik net dowwer skakerings dra.
  2. Skaf ʼn bronser aan. Probeer ʼn bronser wat meer goud as bruin lyk. Dit sal goed werk vir die koeler winter maande.
  3. Belê in ʼn goeie Probeer om die kuns van kontoer te bemeester deur te begin highlight bo jou wangbene, op die punt van jou neus, ken en tussen jou wenkbroue.
  4. Die “geen-grimering-grimering” voorkoms bly ʼn gunsteling. As jy gewoonlik baie grimering dra, probeer hierdie neiging en fokus op ʼn foutlose vel wat jy pragtig kontoer. Voltooi met maskara en ʼn neutrale lip.

Klik hier vir die bronne

Send this to a friend