Dink jy jouself arm?

0

Volgens die tydskrif Forbes is daar 1 810 biljoenêrs in die wêreld.

dink_jy_arm

 Volgens die tydskrif Forbes is daar 1 810 biljoenêrs in die wêreld. Amper twee derdes is entrepreneurs wat hul ondernemings opgebou het met amper niks meer nie as ’n visie en ’n bietjie spaargeld. Onder hulle tel die eienaars van modehuise, reuse in die eiendomsmark, vermaaklikheids- en kommunikasiebedryf.

Bill Gates het nie sy studie aan Harvard voltooi nie – en is 17 jaar ná mekaar aangewys as die rykste man ter wêreld. Gates, met ’n fortuin van 75 biljoen dollar, is een van die wêreld se grootste filantrope.

Facebook se Mark Zuckerberg is nog ’n voorbeeld. Dié jong entrepreneur, het die geboorte van sy dogtertjie gevier deur amper al sy geld – meer as 44 biljoen dollar – weg te gee.

Amazon se Jeff Bezos, met meer as 44 miljoen dollar in die spreekwoordelike trommeltjie onder sy bed, was 30 toe hy op ’n verslag afkom wat voorspel het dat die jaarlike internetgebruik met 2 300% sou groei. Hy het ’n aanlyn-boekwinkel in sy garage geopen en het aanvanklik self boekpakkies by die poskantoor afgelewer.

Agt van die 100 rykste mense in die wêreld het ’n bitter armoedige agtergrond. En nie een van hulle het naby ’n universiteit gekom nie.

Larry Elison, sakeman en stigter van Oracle-korporasie, Li Ka-Shing, een van Hong Kong se bekendste beleggers en Leonardo del Vecchio, stigter van die Luxottiva-groep, was weeskinders.

Amancio Ortega, stigter van die kleinhandelsreus Inditez, se pa was ’n spoorwegwerker. Die oliemagnaat John Frederiksen se pa was ’n sweiser. Sheldon Adelson, stigter van Las Vegas Sands, was die seun van ’n taxidrywer. IKEA, ’n meubelvervaardigersgroep, se stigter Ingvar Kamprad, is ’n boerseun en die Franse kunsversamelaar Francois Pinault se pa het by ’n saagmeule gewerk.

http://www.forbes.com/sites/jenniferwang/2016/03/01/rags-to-riches-2016-wealthiest-self-made-billionaires/#354acf903290

http://fundersandfounders.com/how-much-sweat-it-takes-from-zero-to-billionaire/

geld

Lees ook dié

talentvolle_nicole_pesce

Die talentvolle Nicole Pesce speel Happy Birthday op ses maniere

Nicole Pesce speel Happy Birthday to you … soos Beethoven, Chopin, Brahms, Bach en Mozart dit sou doen. [iframe width=”560″ height=”315″ frameborder=”0″ src=”https://www.facebook.com/plugins/video.php?href=https%3A%2F%2Fwww.facebook.com%2Favastrings%2Fvideos%2Fvb.1242937689065490%2F1331958233496768%2F%3Ftype%3D3&show_text=0&width=560″ style=”border:none;overflow:hidden” scrolling=”no” ...