Die vier tipes handsakke wat jy moet hê!

0

Luukse leerhandsakmakers, Via La Moda, deel hulle wenke om die regte handsak by die regte uitrusting te pas.

Die Neutrale Tote Handsak

As jy nie weet waar om te begin nie, begin met dié een. ʼn Handsak in ʼn neutrale kleur is jou beste vriend. Dit is ʼn maklike bykomstigheid wat by feitlik alles pas!

Klassieke Handsak ‘Vir Elke Dag’

Om elke dag ʼn ander handsak te kan dra klink teoreties wonderlik, maar dis nie so prakties nie. Dus is ʼn klassieke, eenvoudige en groot-genoeg handsak wat al jou uitrustings komplimenteer ʼn noodsaaklikheid. Iets in swart of bruin is perfek!

 

ʼn Perfekte Palmtassie

Die ideale palmtassie transformeer jou ‘dag’ uitrusting na ‘nag’ in ʼn oogwink. Kies ʼn palmtassie wat by een van jou aandrokke pas, maar ook by jeans met hoë hakke as jy net ʼn tikkie glans by jou uitrusting wil sit.

 

Die Indrukstuk-Handsak

Elke nou en dan wil mens net ʼn groot en goeie indruk maak. Helder kleure is die ideale manier om dit mee reg te kry! Die lekker ding van ʼn indrukstuk-handsak is dat dit selfs die mees eenvoudige uitrusting glansryk kan laat lyk.

Kontak Via La Moda op 011 477 8008 of besoek www.vialamoda.co.za vir jou naaste verskaffer.

handsak

Lees ook dié

Kies ‘n boek – 22 Maart 2013

0shares 0Deel 0Twiet 0Google+ 0Pin 0Print 0E-posWillie Burger kyk hierdie week na twee lekkerleesboeke Willie Burger kyk hierdie week na twee lekkerleesboeke Populêre fiksie, gewilde ...

Send this to friend