Maak ʼn modieuse belegging en vier die Krugerrand se goue herdenking

Die Krugerrand word vanjaar 50! Die Suid-Afrikaanse Muntmaatskappy (SA Munt) vier hierdie goue geleentheid met ’n nuwe fyn silwer- en platinumreeks sowel as nuwe groottes in die tradisionele gouereeks.

Die Krugerrand-reeks word in beperkte hoeveelhede uitgereik, met die kenmerkende ontwerp van die Suid-Afrikaanse springbok en ook ‘n 50ste herdenking ontwerp.

Kyk uit vir die beperkte uitgawe 50 ons goue munt (vyftigmaal groter as die standaard Krugerrand en slegs 55 munte beskikbaar) en die reeks elegante armbande en lapelpennetjies in vennootskap met Elegance Jewelers.

LEES OOK: 100 Jaar van mode

Die was-koord armbande word geproduseer as deel van Elegance se interne handelsmerk, Nom-Nom, met die fynste Krugerrande; ‘n ⅟50 ons, 22 kt goue muntstuk aan die een kant en ‘n delikate 9kt-goue ’50’-knippie aan die ander kant. Die armbande is beskikbaar in ‘n verskeidenheid kleure en style.

Daar is ook ‘n pragtige syserp in samewerking met die tekstielontwerper, Blandat, bekendgestel. Die unieke en kleurvolle serp is ‘n handgemaakte meesterstuk wat hulde bring aan die Krugerrand, ‘n ikoniese simbool van Suid-Afrika se kenmerkende erfenis.
Die patroon verwys na Suid-Afrika se dinamiese landskappe. Die ontwerp is deur Suid-Afrika se reënboognasie geïnspireer en die ‘energie’ is baie Suid-Afrikaans; positief, modern en helder.

Gaan maak ʼn draai by die SA Munt Coin World-kleinhandelwinkel in Centurion en vier saam!

www.samint.co.za

Send this to a friend