NUWE LEKKERBEK-PLEK OPEN IN KAAPSTAD

Daar is ‘n heerlike nuwe aardigheid vir Kapenaars: The Mess kroeg en restaurant in Groenpunt, waar jy eerder in dié malle warboel wil bly, as om daaruit te probeer kom.

 

DEUR: Maryke Roberts
FOTO’S: Clifford Roberts
nuwe_lekkerbekplek_in_kaapstad
Met jou aankoms wag ‘n yskoue skemerkelkie jou in en skielik is al die gedruis van die stad vergete.

Die naam verwys na die 15de eeu, toe ‘n groep mense wat saam aangesit het vir ete, bekend gestaan het as ‘n ‘mess’ en dit roep ook beelde by jou op van militêre- en vloottradisies, waar die eetsaal bekend is as die ‘mess’.

Die ‘mess’ was histories ‘n gemeenskaplike eet-area; ‘n tuiste weg van die huis – ‘n plek van gemeensaamheid en kameraderie. Die woord ‘mess’ het ook sy ontslag gekry in die ou Franse woord, mes, wat ‘n porsie kos beteken. En die woord ‘mess’ roep beelde op van die woord ‘morsig’, wat die beste kos dikwels is.

The Mess neem kos baie ernstig op; moenie dink net omdat hulle die gemaklike deel van porsies of eet met jou hande aanmoedig, daar enigsins ingeboet word met kosvoorbereiding nie. Die hele beginsel waarop The Mess geskoei is, is informele eet sonder enige fieterjasies, maar steeds ‘n gesofistikeerde aandjie uit met die deelborde propvol globaal-geïnspireerde disse wat almal geur-ontploffings in jou mond sal veroorsaak.

Eienaar en restaurateur, Carlene de Gouveia, het gedroom hoe The Mess die sosiale hart van kos-en-wynliefhebber stadsjapies se kuierplek word. Sy is ‘n perfeksionis, ‘n smulpaap en ‘n kostegnoloog, wat ‘n lang tyd in die kos- en wynbedryf deurgebring het. Sy het presies geweet wat sy wou hê en ‘n het ‘n sterk behoefte gehad aan die gemeenskaplike informele eet, waarvoor sy wou hê haar restaurant geliefd moes word.

Sjef Luke Wonnacott van Lukefoodalways konsultasiedienste is die een na wie sy gegaan het vir kulinêre towerkuns. Daar is nie streng riglyne vir enige spesifieke kosstyl nie, maar die disse neem eerder hul inspirasie uit alle uithoeke van die wêreld. Ruim deelborde soos jogurt- en- tiemieplatbrood met mezze van Franse confit eend rillettes en gepekelde beet, wit boontjie en tahini patee met dennepitte en ment vinaigrette wat geïnspireer is deur besoeke aan Turkye; en gepekelde bokmelkkaas met Marokkaanse neut dukkha wat die weg gebaan het vir die uittartende globale geure wat hier aangebied word.

Diegene wat nie mal is oor die idee van gedeelde kos nie, sal bly wees om te weet dat daar hoofborde ook op die spyskaart is.

Maar wat is kos sonder wyn? Of bier? Of skemerkelkies soos gevriesde Mojitos of Pienk Pomelo-gegeurde Gin & Tonics? Saam met die keurige spyskaart is ‘n klein, uitgesoekte wynlys met van Carlene se gunsteling wyne.

Bel 021 418-3910 of boek aanlyn by http://themess.co.za

vk

Daar is ‘n heerlike nuwe aardigheid vir Kapenaars: The Mess nuut-geopende kroeg en restaurant in Groenpunt.

vk3

Van verskeidenheid is daar geen tekort nie en as jy allergieë het en voor die tyd laat weet, akkommodeer hulle jou.

vk4

Sjef Luke Wonnacott van Lukefoodalways konsultasiediens en eienaar en restaurateur, Carlene de Gouveia.

vk5

Varklies met ‘n lekker glas yskoue witwyn.

vk7

Een van die watertand nageregte is die donkersjokolade lawakoek.

vk8

Sjef Marlene van der Westhuizen en kosskrywer en stilis, Tamsin Snyman.

Send this to a friend