Sleg vir die hart?  

hart_gesond

Kan geestesiektes tot kardiovaskulêre siekte lei? ‘n Nuwe studie sê ‘ja’

 

Deur ZERELDA ESTERHUIZEN

 

Mense met ‘n ernstige geestesiekte het volgens navorsing deur ‘n span aan King’s College in Londen, ‘n groter kans as die algemene bevolking om kardiovaskulêre siekte op te doen.

Die studie het meer as 3,2 miljoen mense met ernstige geestesiektes ingesluit, insluitend diegene met skisofrenie, bipolêre versteuring en major depressie.

Daar is gevind dat hulle ‘n 53% hoër risiko het om kardiovaskulêre siekte te hê met n 78% hoër risiko om kardiovaskulêre siekte oor die langtermyn op te doen.

Hul risiko om weens ‘n hartsiekte te sterf was ook 85% hoër as mense in hul ouderdomsgroep wat nie aan geestesiektes ly nie.

Hierdie bevindings benadruk die belangrikheid om gereeld vir gesondheidstoetse te gaan as jy aan ‘n ernstige geestesiekte ly. Die studie is in die joernaal World Psychiatry gepubliseer.

 

BRON: Hindustan Times

Send this to a friend