Aartappelslaai met bloukaassous

Wyk ‘n bietjie af van die gewone aartappelslaai en maak dit met ‘n bloukaassous

8 porsies

8 groot aartappels

4 ekstragroot eiers, gekook en in

skywe gesny

6 grasuie, gekap

15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap

SLAAISOUS

5 0 g (½ pakkie) bloukaas, gekrummel

175 ml (1 klein bakkie) gewone jogurt

125 ml (1½ k) mayonnaise

sout en peper na smaak

1 Kook aartappels in borrelende kookwater waarby 5 ml (1 t) sout gevoeg is tot dit net met mespunt kan deursteek.
2 Dreineer, laat afkoel, trek skille af en sny in blokke.
3 Meng aartappels, eiers, grasuie en pietersielie liggies bymekaar.
4 Slaaisous Meng bestanddele vir slaaisous en roer by aartappels tot net gemeng.
5 Sit teen kamertemperatuur of koud voor.

 

Send this to a friend