Bak ’n toring oliebolle


Beïndruk jou mense en bak ‘n toring oliebolle!

 

36 mini-oliebolle

OLIEBOLLE

375 ml (1½ k) koekmeel

7,5 ml (1½ t) bakpoeier

2,5 ml (½ t) sout

125 g (¼ blok) sagte botter

1 ekstragroot eier

187 ml karringmelk

125 ml (½ k) strooisuiker

VERSIERSUIKER

45 ml (3 e) water

60 ml (4 e) sagte botter

60 ml (4 e) strooisuiker

330 ml (11/3 k) versiersuiker, gesif

AFRONDING

60 ml (4 e) versiersuiker

vars roosblare

 

  1. Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam.
  2. Klits botter twee minute tot liggeel. Klits eier en karringmelk by. Roer strooisuiker by.
  3. Roer meelmengsel by tot deeg vorm.
  4. Maak oliebolmaker (donut maker) warm en skep onderste gedeeltes van holtes vol deeg.
  5. Bak vir drie minute of tot goudbruin.
  6. Skep uit en laat op afkoelrakkie afkoel.
  7. Versiersuiker Plaas water, botter en strooisuiker in kastrol en smelt oor matige hitte. Roer tot suiker opgelos is.
  8. Roer versiersuiker by gesmelte mengsel.
  9. Skep oor oliebolle.
  10. Laat staan tot versiersel stol.
  11. Pak oliebolle op mekaar op koekstander.
  12. Sif versiersuiker oor oliebolle.

Send this to a friend