Kos

Eiervrugslaai

0

Heerlik én vol proteïne

4 porsies

5 eiervrugte

olyfolie

sout en peper na smaak

150 g (1 pakkie) klein spinasieblaartjies

1 fetakaassirkel

60 ml (4 e) granaatpitte

60 ml (4 e) dennepitte, liggies gerooster

hand vol vars koljanderblare

SLAAISOUS

45 ml (3 e) olyfolie

15 ml (1 e) heuning

1 ml fyn komyn

5 ml (1 t) witasyn

1 Sny eiervrugte in 1 cm-skywe. Verf albei kante met olyfolie en braai in warm riffelbraaipan vir ongeveer twee minute aan elke kant. Geur met sout en peper.
2 Laat op afkoelrakkie afkoel wat op kombuispapier staan om oortollige olie te absorbeer.
3 Pak spinasie op opdienbord gevolg deur gebraaide eiervrugskywe, fetakaas en granaatpitte.
4 Sprinkel dennepitte en vars koljanderblare bo-oor.
5 Slaaisous Meng bestanddele saam en giet net voor opdiening oor slaai.

 

Lees ook dié