Broodpoeding met appels en neute

Foto: Vrouekeur – Andrea Caldwell

Hierdie broodpoeding poeding is maklik en gou om te maak

6 porsies

Bestanddele

8 snye witbrood

genoeg botter vir smeer

2 50 ml (1 k) tertappels, in stukkies gesny

80 ml (1/3 k) pekanneute, grofgekap

187 ml (¾ k) strooisuiker

4 ekstragroot eiers

375 ml (1½ k) volroommelk

250 ml (1 k) room

2,5 ml (½ t) fyn kaneel

1 ml sout

5 ml (1 t) vanieljegeursel

LEES OOK: Piesangbrood

Metode

Stel oond op 180 °C.

  1. Gebruik witbrood wat ’n paar dae oud is en sny korsies af.
  2. Smeer elke sny brood dik met botter en sny in kwarte.
  3. Smeer oondbak van 18 cm x 26 cm goed met botter.
  4. Plaas laag broodblokkies wat effens oorvleuel in bak. Sprinkel tertappels, pekanneute en strooisuiker bo-oor.
  5. Plaas nog ’n laag broodblokkies bo-op.
  6. Klits eiers en melk. Roer room, kaneel, sout en vanieljegeursel by melkmengsel en giet stadig oor poeding.
  7. Plaas oondbak in groter oondpan. Vul oondpan half met water.
  8. Bak vir 45 minute of tot gestol in middel. As broodpoeding ná 30 minute te vinnig bruin raak, kan jy foelie bo-oor plaas en verder laat bak.
  9. Sit warm saam met vla voor.

Send this to a friend