Lemmetjiemarmelade

Foto: Vrouekeur – Elmarie Knaoton

Lemoene, suurlemoene en lemmetjies is die ideale vrugte vir winter. Maak hierdie lekker lemmetjiemarmelade

 

Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
Assistent SUZANNE CROZIER

ongeveer 1 liter konfyt

Bestanddele

1 kg vars lemmetjies
1,5 ℓ (6 k) water
1,250 ml (5 k) suiker

LEES OOK: Bloubessiekonfyt

Metode

  1. Sny lemmetjies in helfte. Druk sap uit. Behou uitgedrukte lemmetjies.
  2. Sny uitgedrukte lemmetjies se skil in 2 mm-repies.
  3. Plaas lemmetjiesap, lemmetjierepies en water in kastrol.
  4. Sit kastrol op matige hitte en verhit tot kookpunt. Draai stoofplaat se hitte na laag en prut vir een uur tot lemmetjieskil sag is.
  5. Voeg suiker by en roer gereeld tot suiker oplos, ongeveer 15 minute.
  6. Vandat suiker opgelos is, moet mengsel nog 45 tot 60 minute kook. Skep van oortollige skuim wat bo-op vorm af.
  7. Skep klein bietjie marmelade op metaaloppervlak of koue piering sodat dit ronde balletjie vorm. Wanneer dit in balletjie bly en nie loop nie, is dit reg om van stoofplaat verwyder te word.
  8. Skep marmelade in gesteriliseerde glasflesse.
  9. Draai deksels op en berg in koel, droë plek.

Send this to a friend