Gebraaide pikantrissies (peppadew pops)

pikantrissies

6 porsies
400 g (1 bottel) heel pikantrissies (mildpeppadews)
1 87 ml (¾ k) mozzarellakaas, fyngerasper
125 g (½ bakkie) roomkaas
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruiesout en peper na smaak

OM IN TE ROL
250 ml (1 k) koekmeel
2 eiers, geklits
375 ml (1½ k) droë broodkrummelsgenoeg
olie vir diepvetbraai

  1. Dreineer pikantrissies in vergiettesen skud sodat pikantrissies so droogmoontlik is.
  2. Meng mozzarella- en roomkaas, kruie,sout en peper. Skep in pikantrissies seholtes.
  3. Om in te rol Plaas koekmeel, eiers enbroodkrummels in drie verskillende vlakbakkies.
  4. Rol pikantrissies in koekmeel, dan eiersen dan broodkrummels.
  5. Verhit olie tot baie warm in klein,dieperige kastrol. Dompel pikantrissiesvinnig daarin en braai vir ongeveer 50tot 60 sekondes. Buitekant moet bruinwees.
  6. Sit dadelik voor.

 

Send this to a friend