Groente-en-spek-sop

 

Hierdie groente-en-spek-sop is maklik en vining om te maak – perfek vir ’n weeksaand

4 porsies

Bestanddele

bietjie olie

250 g (1 pakkie) spek, gekap

1 ui, gekap

5 ml (1 t) knoffel, gekap

2,5 ml (½ t) droë pietersielie

1 aartappel, geskil en in blokkies gesny

2 lourierblare

750 ml (3 k) hoenderaftreksel

500 ml (2 k) water

1000 ml (4 k) bevrore groente

sout en peper

LEES OOK: Vinnige ertjiesop

Metode

  1. Verhit olie en braai spek tot gaar. Skep uit en hou eenkant.
  2. Voeg ui, knoffel en pietersielie in kastrol en soteer tot ui sag is.
  3. Gooi aartappels in en soteer vir drie minute. Voeg oorblywende bestanddele by en plaas deksel op.
  4. Kook vir 20 minute tot groente sag is.
  5. Maak sop met handmenger fyner.
  6. Skep spekblokkies by sop en roer deur.
  7. Sit warm saam met brood voor.

Send this to a friend