Groenteslaai

Dink bietjie uit die boks en maak dié slaai

4 porsies

aspersies, gestoom

½ kop broccoli, in blommetjies gebreek en gestoom

125 g (1 pakkie) jong groenboontjies, gestoom

250 g (1 pak) babaspinasie

1 avokado, ontpit en in repe gesny

1 komkommer, in dun repe gesny

SOUS

125 ml (½ k) ryswynasyn

60 ml (4 e) suiker

30 m (2 e) sesamolie

5 ml (1 t) vars knoffel, gekap

2,5 ml (½ t) gemmer, fyngekap

VIR BO-OOR

30 ml (2 e) sesamsaad, gerooster

30 ml (2 e) amandelvlokkies, gerooster

1 Stoom aspersies, broccoli en groenboontjies vir ongeveer vier minute. Groente hoef nie heeltemal gaar te wees nie.
2 Pak spinasie, gestoomde groentes, avokado en komkommer op opdienbord.
3 Sous Meng bestanddele vir sous en giet oor slaai.
4 Vir bo-oor Sprinkel geroosterde sesamsaad en amandelvlokkies bo-oor slaai en sit voor.

 

Send this to a friend