Groenteslaai

Beïndruk gaste deur dié mooi (en lekker) groenteslaai

4 porsies

4 vars mielies

botter

sout en peper

2 50 g (1 pakkie) jong

groenboontjies

50 g (½ pak) babaspinasie

5 pikantrissies, fyngekap

2 avokado’s

SLAAISOUS

30 ml (2 e) suurlemoensap

30 ml (2 e) heuning

30 ml (2 e) olyfolie

knypie swartpeper

1 Stoom mielies en groenboontjies in stomer tot gaar, maar nie sag nie.
2 Smeer mielies met botter en geur met sout en peper.
3 Rooster mielies onder oond se element tot goudbruin. Draai mielies van tyd tot tyd om en hou pal dop.
4 Laat mielies bietjie afkoel en sny mieliepitte teen stronk af.
5 Pak spinasie op slaaibord en sprinkel groenboontjies, mieliepitte en pikantrissies bo-oor.
6 Trek avokado se skil af en sny in skywe. Plaas bo-op slaai.
7 Slaaisous Plaas al die bestanddele saam in glasbotteltjie, skud en giet oor slaai.

 

Send this to a friend