Kos

Koeskoesslaai

0

‘n Maklike resep vir ‘n heerlike koeskoesslaai

4 tot 6 porsies

genoeg olyfolie

5 00 g (1 pak) botterskorsie, in blokkies gesny

sout en peper na smaak

2 50 g (1 pakkie) spek, in blokkies gesny

2 rooi uie, in wiggies gesny

KOESKOES

500 ml (2 k) kookwater

10 ml (2 t) groente-aftrekselpoeier

1 0 ml (2 t) gedroogde gemengde

kruie

15 ml (1 e) olyfolie

500 ml (2 k) koeskoes

1 00g (1 pakkie) pekanneute, liggies gerooster

Stel oond op 180 oC.

1 Sprinkel bietjie olyfolie bo-oor botterkorsie en bak vir 25 minute of tot sag. Haal uit oond en sprinkel bietjie sout en peper oor.

2 Verhit bietjie olyfolie en braai spek tot amper gaar. Voeg rooi uie by en soteer tot ui sag is. Verwyder van hitte en meng by botterskorsie.

3 Koeskoes Plaas kookwater, aftrekselpoeier, gemengde kruie en olyfolie in mengbak. Roer tot goed opgelos. Roer koeskoes by en plaas deksel of bord bo-op vir ongeveer 10 minute tot uitgeswel.

4 Roer koeskoes met vurk tot dit los van mekaar is.

5 Roer pekanneute deur koeskoes. Roer botterskorsiemengsel liggies by koeskoes.


WENK

Jy kan die slaai tot drie dae in die yskas hou

 

Lees ook dié

video_varsity_sing

VARSITY SING: MATIES

Luister net hoe mooi sing die Universiteit van Stellenbosch “Didn’t my Lord deliver Daniel”   Lees ookVIDEO: REFENTSE – BICYCLE SONDER N SLOTOlinosters op die ...