Le Creuset: Oranje-en-rooi slaai

GENOEG VIR 8 | BEREIDINGSTYD: 5 MINUTE | GAARMAAKTYD: 15 MINUTE

BESTANDDELE

500 ml canola-olie

1 klein botterskorsie, in dun skywe

gesny

sout na smaak

20 g botter

100 g dennepitte

4 klein bete, in dun ringe gesny

250 g appelliefies

150 g granaatpitte

250 g rooi mikroslaaiblaartjies

150 g klein basilieblaartjies

100 ml olyfolie

METODE

  1. Verhit die canola-olie in ’n Le Creuset Stainless Steel Deep Casserole. Laat sak die skywe botterskorsie versigtig in die warm olie en braai dit tot dit bros en bruin om die rande is. Skep die botterskorsie uit die olie en laat dit op kombuispapier dreineer. Geur dit met sout terwyl dit nog warm is.
  2. Verhit die botter in ’n Le Creuset Signature Skillet. Roerbraai die dennepitte tot dit goudbruin is. Laat dit op kombuispapier dreineer en geur dit na smaak met sout.
  3. Gebruik ’n Le Creuset Dinner Plate en pak klein hoeveelhede van die verskillende bestanddele in lae – en in ’n reguit lyn – op die bord uit. Begin met die rou beetskyfies en appelliefies en eindig met die botterskorsie en dennepitte.
  4. Garneer die slaai met die rooi mikroslaaiblaartjies en klein basilieblare. Drup ’n bietjie olyfolie oor en sit dit voor.

 

Send this to a friend