Le Creuset: Romerige bessie-suigysies

le_creuset_romerige_bessie_suigyies

GENOEG VIR 9-10 | BEREIDINGSTYD: 5 MINUTE

BESTANDDELE

1 l dik Grieksestyl jogurt

250 ml volroommelk

125 g bevrore bloubessies, in ’n voedselverwerker verpulp

125 g bevrore frambose, in ’n voedselverwerker verpulp

125 g bevrore aarbeie, in ’n voedselverwerker verpulp

300 g versiersuiker, gesif

Houtroomysstokkies

METODE

  1. Skep die jogurt in ’n Le Creuset Mixing Bowl en roer die melk by.
  2. Verdeel die jogurtmengsel tussen drie klein bakkies. Skep elke soort bessiepuree saam met 100 g gesifte versiersuiker by ’n bakkie jogurt en meng dit goed. Proe of dit soet genoeg is en voeg nog versiersuiker by, indien nodig.
  3. Verdeel die mengsels tussen Le Creuset Espresso Mugs en sit dit in die vrieskas vir omtrent 2-3 uur tot dit halfgevries is.
  4. Druk die roomysstokkies in die middel van die koppies in en sit dit terug in die vrieskas tot dit kliphard gevries is.
  5. Doop die koppies letterlik ’n sekonde of twee in kookwater wanneer jy dit wil voorsit om die suigysies maklik uit te kry.

 

Send this to a friend