OUTYDSE GEMMERBIER

0

Warm somerdae kan maklik afgekoel word met heerlike koue gemmerbier

 

 outydse_gemmerbier

ongeveer 3 liter

50 g of 1 stuk vars duimgrootte

gemmer

3 l (12 k) water

750 ml (3 k) suiker

2,5 ml (. t) droe kitsgis

5 ml (1 t) wynsteensuur

5 ml (1 t) kremetart

90 ml (6 e) rosyntjies

  1. Spoel stukkie gemmer onder lopende water af. Sny in kleiner stukke en plaas saam met water en suiker in kastrol.
  2. Kook oor matige hitte vir een uur. Roer gereeld totdat suiker opgelos is.
  3. Verwyder van hitte en laat vir een uur afkoel.
  4. Roer kitsgis, wynsteensuur, kremetart en rosyntjies bymekaar. Meng van afgekoelde stroop by. Roer tot gemeng.
  5. Giet hierdie rosyntjiemengsel terug by stroop in kastrol. Roer goed deur.
  6. Sit deksel op en laat staan vir 24 uur. Die rosyntjies behoort dan bo-op te dryf.
  7. Skep rosyntjies en gemmerstukke uit.
  8. Gooi gemmerbier in bottels, maar nie tot bo nie. Laat ongeveer 6 cm ruimte aan bokant van bottel toe. Sit twee rosyntjies in elke bottel terug.
  9. Draai doppies op en hou in yskas tot benodig.
gemmerbieroutydse

Lees ook dié