Pampoenkoekies

Pampoenkoekies is heerlik op ’n Sondagmiddag in die winter 

6 porsies

LEES OOK: Murgpampoentjie-en-okkerneut-muffins

Bestanddele

KOEKIES
500 ml (2 k) gaar botterskorsie
250 ml (1 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
1 eier, geklits
1 ml sout
750 ml (1 bottel) olie
SOUS
250 ml (1 k) water
187 ml (¾ k) ligte bruinsuiker
30 ml (2 e) botter
15 ml (1 e) vlapoeier
30 ml (2 e) volroommelk
knypie sout

LEES OOK: Malvapoeding

Metode

  1. Koekies Roer bestanddele vir koekies, behalwe olie, saam.
  2. Verhit olie in klein, diep kastrol en bak teelepels vol beslag in warm olie.
  3. Dreineer op kombuispapier en skep in oondbak.
  4. Sous Kook water, suiker en botter saam tot suiker opgelos is. Roer gereeld.
  5. Meng vlapoeier en melk saam tot pasta en roer by. Kook tot sous begin dik word.
  6. Haal van stoofplaat af en roer sout by.
  7. Sit sous saam met poffertjies voor.

Send this to a friend