Romerige varkvleis

Jy hoef nie vanaand oor aandete kop te krap nie. Hier is ‘n heerlike resep vir romerige varkvleis

 

Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
Assistent SUZANNE CROZIER

4 tot 6 porsies

7 00 g varkvleis of varkfilet, in repe gesny
60 ml (4 e) koekmeel
knypie sout en peper
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
2,5 ml (½ t) paprika
genoeg olie
2 uie, gekap
5 ml (1 t) knoffel, gekap
2 50 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
375 ml (1½ k) groente-aftreksel
15 ml (1 e) worcestersous
60 ml (4 e) tamatiepasta
250 ml
(1 k) room

  1. Sit varkvleis, koekmeel, sout, peper, kruie en paprika in plastieksakkie. Knoop toe en skud tot vleis goed bedek is.
  2. Verhit olie en braai vleis tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant.
  3. Verhit nog olie indien nodig en soteer uie en knoffel tot uie sag is. Voeg sampioene by en soteer nog bietjie.
  4. Skep vleis terug. Voeg groenteaftreksel, worcestersous en tamatiepasta by. Plaas deksel op en prut vir 20 minute oor matige hitte.
  5. Roer room by, prut nog drie minute tot deurwarm en sit warm voor soos verkies. Vir ’n dunner sous kan bietjie melk bygevoeg word.
vark

Send this to a friend