Kos

SALMSLAAI MET PONGRÁCZ ROSÉ-SLAAISOUS

0

Vier die warm weer met ‘n heerlike vars slaai en ‘n glasie Pongrácz Rosé

 

 salmslaai

Bedien 4

SLAAISOUS

180 ml (¾ k) olyfolie

60 ml (¼ k) Pongrácz Rosé

10 ml (2 t) heuning

60 ml (¼ k) granaatpitte

handvol pietersielie, gekap

sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak

SLAAI

200 g gerookte salm

2 Granny Smith-appels, dun gesny

100 g swartbessies

8 klein radyse

handvol eetbare blomme

handvol klein kruieblaartjies

handvol granaatpitte

1 Slaaisous Klits al die bestanddele saam. Geur met sout en vars swartpeper.

2 Meng appels, swartbessies, radyse, blomme, kruie en granaatpitte. Voeg salm by en meng liggies.

3 Bedien met Pongrácz Rosé-slaaisous

Lees ook dié